![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Saturday 20th of January 2007 Dood op ons paaie — hoe gruwelik, hoeveel gesinne in diepste droefheid gedompel. Vakansieseisoen, kerstyd, vrede en liefde, die verjaarsdag van die Christuskindjie, ons mense se kosbaarste goddelike gawe van die Skepper aan sy skepsele in wie Hy ‘n welbehae het. back Maar die mens vertrap die goddelike gawe met sy vuil voete en dronk lyf. Sterftes op die paaie is spoed, alkohol aan die stuur en verder hebsug want die afstand moet in die kortste tyd met oorlaaide voertuie afgele word om die volgende huurmotor of bussie uit te stof en die wins te maak deur tweekeer die afstand af te le terwyl hy nog voortkruie. Of jy is haastig om jou bestemming te bereik wat in hierdie ou land tog so ver weg is. So word die kersvakansie ‘n gruwel in plaas van vreugde saam met geliefdes Die pad terug is ook nog voor en baie gesinne gaan terug sonder hulle geliefdes. Hul geliefdes gaan in kiste huis toe betyds vir ‘n roudiens. Wat van die vreugde van die koms van die Kindjie?. Die dagblaaie is vol met ‘n portfolio van dood en venietiging Ja, wetgewing is daar. Bewus-makingsveldtogte is daar. Padvei-ligheidsmaatreels is daar. Een veldtog het ‘n mooier naam as die ander Maar die land se doodspaaie vertel ‘n gruverhaal van 4 Desember tot 4 Januarie, die kersvakansie. Bladsye vol pyn bloed en trane en verskeurdheid Hoekom, hoekom so? Is die vrae wat nie wil weggaan nie. Jong lewens, jong mense wat op die punt staan om die lewe in te gaan en tot volle wasdom te gedy, in een onbesonne oomblik aan die stuurwiel. Menslike foute, menslike ongevoeligheid, mense traak nie want sien ons leef in die f**k jou-era. Opvoeding is minimal. Skoolopvoeding om te leer waaroor die lewe gaan, is afwesig. Die land is wyd en syd bekend vir sy drankmisbruik en motorongelukke in sy waansin. Dit word net elke jaar erger en hoe meer jongmense deur ‘n swak skoolsisteem vir die werkloosheidkorps voorberei word hoe minder word die opvoeding. Meer as die helfte van die land se graad 10-leerders se voorland is die straat omdat hulle gedruip het. Slegs 14 335 graad 10-leerders uit ‘n totaal van 31 493 skoliere, sowat 45%. Sal vanjaar in die skole toegelaat word. Nou-ja, wat is die oplossing? Verkeerstekens, voorstaandienste, spoedborde, noem op, is net hulpmiddels maar jou eie gesonde verstand meneer die bestuurder, is die werklike oplossing en ongelukkig het jou land geen manier om jou as padgebruiker op te voed nie. So treur ons elke jaar oor die dooies en aan die opvoeding van die jeug word geen jota of tittel verbeter nie. Hoe meer ongepoets jy is hoe “cooler” is jy as jy jou eie stompsinnige kop volg agter die stuurwiel. En natuurlik sal jy ontken dat jy dronk is. Met hierdie leefwyse, Namibie, word doodkiste goeie besigheid of hoe? My land, hoe lank gaan dit duur voordat jy besef hoe vinnig jy besig is om met ons kinders “die leiers van more” bergaf te rol? |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





