![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Bouwerk by die Museum! Wat gaan aan? Saturday 27th of January 2007 Geskiedenis het ‘n manier om ‘n mens vas te vang en bietjie te laat stilstaan. Dit is nou die geval met die bouwerk wat so vroeg in die nuwe jaar by die museum in Swakopmund aan die gang is.Waarom word daar by die museum aangebou? Het die geskiedenis iets nuts om vir ons te se? Ja, beslis ja. Die ou bekende kroeg van die Hansa Brouery sal hier by die museum ingebou word en sal as alles goed verloop, reeds in Julie sy deure vir die publiek oopmaak.. Die ou bekende inrigting van die kroeg, sal hier ingebou wees en soos in die goeie ou dae kan die baie stories om die kroegtoonbank weer hervat word. Swakopmund se broutradisie sal hier weer bekend word en besoekers sal met nog ‘n faset van pionierslewe hier aan die weskus bekend raak ‘n Tipiese ou “draft” bier, vatbier, sal hier geniet word. Nog ‘n drinkplek in Swakopmund!! Is hier nie al genoeg nie! Nee, nie ‘n drinkplek nie… ‘n saamweesplek, ‘n eerbiedwaardige onthouplek vir hulle wat hier vir ons kom staanplek maak het. Museumpersoneel is baie trotsop hierdie verwikkeling en daar is waardering vir ‘n redelike kontant-bedrag wat deur die Brouery aan die projek geskenk is. Ou inwoners van Swakopmund met wie PLUS gesels het, kry so ‘n nostalgiese kyk in die oe en sug: “ Miskien kom bietjie van die ou Gemütlichkeit van die pioniers terug hier na die Mole toe waar so baie geskiedenis hier rondom die vuurtoring geleef het” PLUS wil reeds in die gees al vrolik wees: “Ein Prosit, ein Prosit der Gemütlichkeit.” |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





