![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Saturday 27th of January 2007 By Beach Lodge in Swakopmund word daar ywerig gebou en gewerk. Beach Lodge is ‘n spog- pension so knus aan die strand net voor Myl 4.Die bekende skip-hotelletjie is ‘n verblyflandmerk en gaste geniet hier die nabyheid van die see en word soggens wakker met die ge-druis van die branders in jou ore. Nou word die beken-de skip groter gebou en kamers bygevoeg sodat daar heelwat meer gaste gehuisves kan word. Daar sal altesaam negentien kamers wees wanneer die statige dame haar vaart langs die Atlantiese oseaan nou aandurf. Op die dek van die skip sal daar ‘n vriendelike restaurant verrys en ten spyte van al die gesellige eetplekke in die dorp sal hierdie een weliswaar so naby aan die see wees dat dit die kuiertjie ‘n belewenis sal maak. Die “Beach Lodge” sal eintlik verdwyn en ‘n nuwe skip met ‘n nuwe naam sal tevoorskyn kom. Die naam is nog ‘n geheim maar die nuwe dame sal ter gelegener tyd aan die potensiele gaste bekend gestel word. Wees dus gerus op die uitkyk vir die koms van die nuwe skip met ‘n nuwe naam. PLUS sien uit daarna om die nuwe dame op haar nooiensvaart aan die publiek bekend te stel. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





