Netwerk bestaan sedert Oktober

Saturday 27th of January 2007
Petra Hamman
Gesprekvoer, debatteer, inlig, kom-munikeer,  praat,  enige woord wat jy kan vind om die dringendheid van bymekaarkom te beklemtoon,  is nou op die tafel van ons voortbestaan in hierdie land.
Daar  is seker nie ‘n enkele individu in die land wat nie onder die indruk gekom het van die ineenstorting van   lewensisteme  in die gemeenskap nie.  Dat ons daaglikse bestaan nie meer in die wetenskap en  tegnologie  geanker is nie, word al hoe duideliker.
Die onderwys is  nie in staat om vir ons die wetenskaplikes voor te berei  vir die studie en navorsing om sisteme aan die gang te hou nie.  Die dagblaaie het oorvloedig berig oor die skokkende druipsyfers
Gesondheid en mediese versorging is kommerwekkend.  Studente met skitte-rende  Graad 12 – resultate word  weg-gewys van universiteite. Mediese prak-tisyns word ingevoer uit lande  wat nie juis bewys gelewer het van hul weten-skaplike standaarde nie. Verpleegper-soneel  is in woordgevegte met die Minister en hulle dreig om te staak.  Dit gebeur nie in beskaafde lande nie.
Die regspleging is in ‘n rampspoedige toestand.  Laerhowe se aktiwiteite het ‘n klug geword. Personeel word van elders ingevoer sonder  enige werklike bewyse dat hulle  beskik oor die nodige vaardigheid  en kennis.  Die  boorlinge van die land word oor die hoof gesien al het hulle die aanvaarbare kwalifi-kasies.
Navorsingsdienste op verskeie nood-saaklike terreine is totaal afwesig.  Die toestand kan net tot algehele ineenstorting lei. 
Dienste op vele gebiede is nie toe-reikend nie. Konstruksiewerk  word in die hande van  vreemdes  gegee en die  eie mense kry nie werk nie.
Werkloosheid en armoede neem on-meetlike afmetings aan. Al meer mense veral enkelvroue met hul kinders wend hulle tot plakkershutte. Moord, ver-kragting en gewelddadige roof voer  heerskappy. 
Twee mans saam met twee kinders ry vreedsaam in hul motor om  die komeet te gaan  kyk en onbekende mans skiet   een van hulle koelbloedig op kort afstand ten aanskoue van die kinders dood om met kameras, selfone en ‘n beursie  op die vlug te slaan.
Daar isgeen aanduiding dat die koel-bloedige moord en verkragting in die land enigsins afneem nie.  Selfs toeriste wat nog  vir inkomste vir die land sorg, word nie ontsien nie.
Die  land verkeer in werklikheid in ‘n lae frekwensie oorlog.
Wil ons die nuwe jaar in die toestand aandurf?  Of wil ons  inwoners van die land met mekaar gesels en probeer om ‘n verskil te maak aan die oplossing van probleme.
Dit gaan nie hier om politiek nie.  Trouens elke dag berig die dagblaaie  dat die regering ‘n beroep op die be-volking doen  om behulpsaam te wees met die oplossing van probleme.
Verlede naweek het die organisasie Netwerk bymekaar gekom en gesprek gevoer oor  moontlike gesprekke,  oor netwerk met verskeie groepe.  Netwerk het dit duidelik gestel sedert hul stigting in Oktober verlede jaar dat hulle  met Afrikaanssprekendes en belangstel-lendes wil bymekaar kom en oor ons onderskeie groepe se behoeftes wil ge-sels maar dan ook  sinvolle,  kundige  voorstelle doen oor moontlike oplos-sings vir probleme.
Belangstellendes kan gerus skakel met   Koos Keyser by 081 128 0588 of deur epos  bestuur@netwerk-plek.org
Ook jongmense of skoolverlaters is baie welkom om deel te neem aan gesprek-ke en kan gerus daaraan dink om hul eie gespreksgroepe bymekaar te kry om  oor probleme wat hulle toekoms raak te gesels en vir inligting by Netwerk aan te klop.
Netwerk is daar om gesprek te voer  en hulle te beywer om die weten-skapsbeoefening terug te bring in die  gemeenskap.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia