Bok van Blerk laat Suid-Afrika sidder en beef

Saturday 27th of January 2007
Petra Hamman
Popsanger  Bok van Blerk sing: “  De la Rey,  De la Rey, sal jy die Boere kom lei / Generaal, Generaal, soos een man sal ons om jou val, Generaal,  De la Rey”…..
Dit is die lied van jong Suid-Afrika, wat harte laat sidder en beef.

Wat gebeur hier?  Boeremag,  Ossewa Brandwag,  Broederbond,  AWB??
Mense sug,  hulle sis,  hulle gru,  hulle grom,  hulle knor,  hulle  kruip in hul gate.
Word hier oor Boerehelde gesing?   Sulke skurke!   Wie is De la Rey?
Hier kom ‘n ding.  Weet die jong geslag van  die Boere se heldedade by Modderrivier,  Magersfontein en Tweebosch?  Weet hulle  dis die Anglo-Boereoorlog?  Weet hulle  dat die bebaarde Boerevegters vir vryheid die Britse weermag van die “Empaaier” vir drie jaar lank laat steier het?
Weet die mense dat De la Rey die aanvoerder die top-generaal lord Methuen en sy manskappe  na die slag vrygelaat het sodat hulle mediese hulp by hul eie magte kon gaan kry?
‘n Ware held verteenwoordig  bepaalde waardes ,  ideale, van vryheid en moed.  So het die Afrikaanse skrywer  Jan F E Celliers geskryf:  Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan / Ek hou van ‘n daad wat soos donder slaan.  En van De la Rey skryf hy:  “Hy is  een type van kalme, rotsvaste onbeweeglikheid, geheel ongevoelig voor tegenpoed…..”
De la Rey moes dan saam met sy  medeleiers sy volk se vryheid aan die Kakies  wegteken by  die Vrede van Vereeniging 1902.
De la Rey, die leeu van Wes-Transvaal het die strategie van  guerilla- en loopgraafoorlogvoering uitgevind.  Hy was bedrewe politikus en  onder-handelaar.  Sy visie en deelname het vrede en  Uniewording help vestig.
Etienne  Leroux Afrikaanse skrywer,  van die sestigerjare se Magersfontein, o Magersfontein!  Verskyn  in 1976 die strugglejaar.  Op die stofomslag van die boek is die Skotse generaal wat by Magersfontein geval het, Andrew Wauchope , en sy opponent Koos de la Rey
‘n Paar  feite oor Generaal de la Rey soos gepubliseer deur  Perspektief.  Die  musiekmakers soos Koos Kombuis en Deon Maas is self gewillig om meer oor De la Rey te lees en vind hom nie  die oorlogsugtige Afrikaner-nasionalis nie maar wel ‘n ware SA leier met ‘n groter visie as van die ander  Afrikaner-leiers.
Geen bybedoelings kan  aan Bok van Blerk toegeskryf word nie.  Hy is die liedjiemaker, die sanger en sy gehoor geniet  dit   Dela Rey  is  niemand se volkslied nie maar dis ‘n welkom diepte in die  Afrikaanse popmusiek en sy dubbel-platina-toekenning  vir sy musiek laat sy mense met hom saamsing en hulle het in hom ‘n  welkom waardering van Afrikaanse eie.  Die Afrikaner kan nog sing.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia