![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Gedenkbyeenkoms by Marine-Denkmal Friday 16th of February 2007 Dis ‘n stil Sondagoggend in Swakop-mund. Rondom die Marinedenkmal versamel ‘n groepie mense om hulde te bring aan manne wat hul lewe afgele het vir hul vaderland op die slagveld. Ook Suidwes van daardie tyd was ernstig geraak deur die gebeure en gevolge van die Eerste Wereldoorlog Die “Traditionsverband ehemaliger Schutz- und Ueberseetruppen” het ‘n gedenkbyeenkoms gehou . Die Freunde der frueheren deutschen Schutzgebiete e. V. is ook die waken-de oog wat grafte en gedenkplekke in stand hou……” Ich hatt’ einen Kameraden / einen bessern findst du nicht.”…….. ‘n Indrukwekkende program met musiek en sang is gehou ter gedagtenis aan mense uit die geskiedenis wat hul deel bygedra het om volgens hul oordeel hul plig te vervul. So ‘n byeenkoms is baie waardevol vir die gemeenskap want dit is ‘n blywende gesprek met mekaar om ons herinneringe lewend te hou aan hulle wat ook vir ons paaie gebaan het. Die interpretasie van die gebeure van die verlede, stel ons in staat om die wereld waarin ons lewe vandag te begryp en te verwerk in ons lewensbeskouing. Die basiese vereiste vir die saamleef met die geskiedenis is dat ons elkeen moet waak daaroor en toesien dat die waarheid geskrywe word en verder gedra word. Veral vir die jong geslag is dit noodsaaklik om te weet dat ons kan voortbou op die waarheid en dit wat goed is daaruit haal vir ons vir ‘n leidster Die program Sondag was in wese ‘n kranslegging by die monument deur verskeie groepe en organisasies uit die gemeenskap. Deelnemers was Traditionsverband, Kameradschaft deutscher Soldaten, Kriegsgräberfuersorge, Pfadfinder, Volkstanzkreis Windhuk. ‘n Boodskap is by die geleentheid gebring deur mnr Hans Feddersen van PLUS wat die aanwesiges ernstig daarop gewys het dat die aktuele gegewe van ons tyd nugter en nie met die oogklappe van politieke korrekt-heid aangepak moet word nie. Ons moet nooit ons denke deur die politieke korrektheid verskraal nie want dan verloen ons ons hele menswees en krepeer tot koolkoppe. Met die klanke van die Südwesterlied suiwer in die gemoed is die huldeblyk afgesluit. Sodanige byeenkomste en huldiging van die verlede is vir ons tyd van groot belang om perspektief te behou oor waarheen ons op pad is en hoe ons ons leefwereld moet vertolk. Swakopmund se Männergesangverein |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





