Waar is die Braves? Hoe lyk hulle?

Friday 16th of February 2007
Petra Hamman
Namibia Land of the Brave….. As iemand ooit weer hierde woorde in die lied oor sy lippe bring,  hoop ek van harte dat  die  bebloede gesigte  van die gemartelde Alta  Sibulelo  en Clemensia  Malulek  voor hom verskyn en hom in sy drome sal bybly tot in lengte van dae.
Alta  se   geliefde,  let wel,  teen wie sy ‘n klagte van verkragting gele het, het  in  Drimiopsis aangekom  en was op soek na haar.  In sy sak was egter die moordwapen en hy was  vasbeslote om dit te gebruik.
Hy het egter net haar vriendin Clemensia  Malulek gevind en haar beveel om  te kniel en haar mond oop te maak.  Hy het die wapen in haar mond gedruk en die sneller getrek  Hy het Alta  gedwing om saam met hom te gaan en na gedwonge  drekkige seks het hy haar  met ‘n kopskoot om die lewe gebring.  Daarna het  Goagoseb die wapen op homself gerig en die  gemeenskap gered van sy  teen-woordigheid .
Alta was egter die moeder van twee jong kinders en etlike klein  babatjies was ook aan haar sorg toevertrou.  Met die skamele  geldjie wat sy met skoonmaakwerk verdien het, het sy  kans gesien om nog  na  sorgbehoewende kinders om te sien.
Dat  vroue soos Alta en Clemensia so barbaars moes sterf is ‘n  skokkende roepstem na die  gemeenskap om wakker te word en te besef  dat barbarisme die land  se toekoms is en  stel dan  ook vas  hoe sien die Land of the Brave…..  daar uit.  Wie is die “Brave” ?  Is hulle  manne wat  geen beheer oor  hulself het nie?  Is hul om die rede  Brave as hulle jong vroue wat vir kinders lewe gee  soos die drek van die aarde om die lewe bring?

Manne van  die Vaderland!  Hoe lyk julle?  Is julle skepsele van die Skepper van hemel en aarde?  Of is julle  Lucifer se dissipels?  Gaan julle hierdie land van sy barbaarsheid red?    Is julle ook  nog werd om  ge-eer te word?  Enkeles?
Dis  tyd dat die manne ,  nie die mans,  opstaan en die land skoon vee van die  diewe en moordenaars wat so  in hulle duisende deur die land sleep en droefheid uitspu waar hulle kom.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia