![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Seebad - Gesellige Kuierplekkie Friday 16th of February 2007 Seebad, die gesellige kuierplekkie is weer terug in die hoofstraat van Swakopmund na ‘n tydjie van afwesigheid. Die bestuur belowe weer heerlike smulgebak wat elke Duitse bakkery gewoonlik met sy eie stempeltjie aanbied.Ligte middagetes is weer beskikbaar en gaste is verseker van ‘n lekker happie teen ‘n redelike prys Seebad is gelee in die hoofstraat teenoor die statige ou Eberwein Hotel en is heeltemal gerieflik om te vind en gewoonlik is parkeerplek daar nie problematies nie. Vir kantoorpersoneel is dit ‘n gawe ontspanningsuurtjie in die middag en vir vriende of ‘n gesin is dit ook ‘n vriendelike hoekie vir so ‘n geselsie met mekaar oor die dag se sake. Seebad is ook bedrywig oor naweke en vriende kan gerus mekaar hierheen uitnooi vir ‘n gemuetliche koppie koffie of tee met fyn gebak daarby. PLUS het reeds die koffie gaan proe en was toe sommer bly dat Seebad terug is in die hoofstraat van Swakopmund |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





