![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Die Gondwana-Groep in die pragtige, mooi Suide Saturday 3rd of March 2007 Waar is ‘n land so mooi soos Namibie? Waar is die woestyn so majestueus soos in Namibie?Die Gondwana-groep uit die Suide bestaan uit vier verskillende woestyn-sisteme wat vier verskillende private wildreserves vorm Christo en Styna Swartz van Grunau het ‘n groot aandeel aan die vorming van die Gondwana Kalahari Park en die Gondwana Namib Park. Hier in die geweste het Christo as seun rondgeklouter en mooi drome gedroom. Maar dit wat in die laaste tien jaar tot stand gekom het, is miskien nog oor die horisonne van sy drome. Tien jaar gelede het twee manne by hom gekom en wou sy plaas Karios koop om die terrein vir hul ontwikkeling uit te brei. Hy was huiwerig maar ‘n huurooreenkoms het uitgeloop op vennootskap en pragtige ou Karioshuis het later Canyon Lodge geword. Uiteindelik het Gondwala nege plase altesaam gehad en die toeristeparadys het ontstaan. Die gebied was in ieder geval nie geskik vir veeboerdery nie en intensiewe navorsing moes gedoen word aangaande diere en plante-lewe vir die gebied. Natuurbewaring is duur en die mense moes bekend gestel word met die konsep. Na baie beplanning en harde werk is die huidige toeristeparadys gebore en uit die wieg van Canyon Lodge het die huidige Park ontstaan. Sedert die opening van Canyon Lodge November 1996 tot datum het reeds meer as 200,000 toeriste die gebied besoek. Die aanvraag was so groot dat die Canyon Village toegevoeg is. Die indrukwekkende toeriste-uitbreiding het vir die Suide broodnodige werksgeleenthede verskaf maar veel meer is nog nodig om die gebied aan die lewe te hou ‘n Reis deur die Suide dwing die reisiger tot stilstand om jou te verwonder aan die wonderskone natuur rondom jou. Maar die Suide met sy uitgestrekte wonderlike bergwereld huisves ook ‘n tragedie van verval en agteruitgang in hom. Vanaf Kalkrand bring elke dorpie, jou met ‘n slag tot die besef van die nood van mense. Jongmense wat die energie van die jeug in hulle het, hang doelloos rond in die staatjies. Sake het toegemaak, geboue is vervalle en mense is weg. Daar is nie werk nie, daar is nie vooruitsigte nie, daar is nie ‘n toekoms nie. Hierdie is ‘n onoplosbare probleem. Jeugdige oe het geen toekomsvisie nie. Hoe lank kan dit so voortsleep dat soveel mense met soveel energie so vegeteer? Regering., wat dink julle? Waarheen? STRUGGLE of hoe? Julle wat die maghebbers is, het julle hand op die geld en die middele maar julle bestee dit nie aan hierdie jeug nie. Ontwikkeling in die Suide het baie ver agtergebly. In werklikheid gaan die hele gebied net verder die afgrond af. Mense soos Styna Swartz van Grunau hou nog moed maar jou reis deur die gebied en jou hart sak ver. Daarmee saam die menswees van die jongmense wat daar hoop op ‘n dag wat seker nooit gaan kom nie Weer wend jy jou vir troos tot die natuur wat oor al die skooheid beskik. Daar is die sigbare tekens van ontwikkeling…. Die kragdrade kyk noord . Daar waar krag is, is ontwikkeling. Hierdie drade gaan voort en druk deur tot aan die kus. Maar die Suide? Wat bly daar oor? Wie sal vir die Suide ‘n lansie breek? Meer nog, wie sal die maghebbers tot denke dwing? ‘n JeugSTRUGGLE? Styna Swartz van Grunau in haar koffiewinkel. Kartonne met die vrou se naaldwerkbenodigdhede wat vroeer altyd beskikbaar was. Selfs nou nog is die dinge nog daar en Grunau se Vulstasie met sy gerieflike oornagkamers langsaan is nog altyd daar tot die reisiger se beskikking |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





