Skone Swakopmund

Thursday 19th of June 2003
Petra Hamman

Stap deur skoon, skone Swakopmund. Dis die soveelste langnaweek en die stilte vandag kan jy in jou hand vang. Daar is nie besoekers nie ten spyte van die weer wat ook ‘n glimlag het Dis dan ook die tyd wat ‘n mens nodig het om na te dink oor wat die mooiste dorp in Namibië die besoeker werklik kan bied.

Strate in die midde-dorp soos Ludwig Kochstraat en historiese Poststraat (Daniel Tjongarero) het onder die hand van die nog bekwame bestuur van Swakopmund se munisipaliteit pragstrate geword Die Swakopmunder kan met trots saam met sy gas in Poststraat gaan kuier, hom die geskiedenis van die poswese vertel en die statige ou poskantoor wat nou die munisipale gebou is, uitwys.

Die straat is vol geskiedenis. Hier is die Antoniushuis waar die Katolieke Kerk meer as honderd jaar gelede lewegewende mediese diens kom vestig het in die Antoniushospitaal. Die Katolieke kerk pryk daar na ‘n restourasieproses en hy bly steeds die draer van Die Boodskap van die Evangelie. Verder, oorkant die kerk is daar die Lutherse Kerk en Pastorie met sy besondere boustyl

Om die prestasies van die pioneers van die dorp te bevestig is daar die oorspronklike Duitse skool met sy besondere boustyl net regoor die kerk.

Hier in Poststraat( Daniel Tjongarero) klop die hart van Swakopmund soos deur sy voorvaders uit Europa gestalte gegee. - Beweeg verder noord en die nuwe baadjie van Strandstraat maak Swakopmunders opgewonde. Daar is nog baie werk in Strandstraat maar daar waar hy eindig en verder noord waar daar vlytig gebou word, is die nuwe hart van die dorp waar daar die grootste en mooiste nuwe ontwikkeling in die land is.

Besoekers kom kuier gerus in Swakopmund en beleef die opgewonde gees van die inwoners wat trots is op die nuwe lewe in die dorp.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia