Langer Heinrich - Toegang tot Atoomenergie

Sunday 25th of March 2007
Petra Hamman
Langer Heinrich  ‘n nuwe uraanmyn by Swakopmund dra die dorp sommer sterk  die nuwe geskiedenis binne.
Verlede week is die nuwe myn buite Swakopmund amptelik geopen.  Die myn  word ontwikkel deur die  Australiese onderneming Paladin Resources.   Die president mnr Pohamba het die openingsrede gehou. Volgens die president is dit een van die grootste beleggings in die land met ‘n totaal van ongeveer N$640 miljoen  en een van die weiniges wat die afgelope dekade ontwikkel is.
Volgens die president is daar nou wereldwyd hernude belangstelling in die  mynbou nywerheid in die land veral wat olie, diamante en goud betref.  Waardetoevoeging tot die produkte kan lei tot werkskepping en algemene welvaart in die land.
Infrastruktuur aan die kus sal beslis sterk moet ontwikkel .  Kommunika-sie sowel as paaie en hawegeriewe sal moet aandag kry.
Atoomenergie  word al meer in die wereld  beskou  as die krag van die  toekoms en  die aandag word  sterk gevestig op die uraanbronne van die wereld.  Daar is ‘n sterk  aanvraag vir uraan maar  dis ook  bekend dat die bronne van die metaal redelik wyd beskikbaar is, hier sowel as in RSA.  Ook Australie beskik oor  heelwat bronne.
Die wereld  het na Tchernobyl teruggedeins vir die atoomenergie maar tans is die tegnologie baie verder ontwikkel en  die wereld besef ook dat dit ‘n baie skoner vorm van energie is en nie soos  steenkool  medeverantwoordelik is vir aardverwarming nie.
Tegnologie en vaardighede om die kragbron te ontwikkel en die krag te versprei is nie geredelik beskikbaar in Namibie nie en selfs ook nie in RSA nie en daarom sal ontwikkeling van toepaslike vaardighede ernstige aandag moet geniet.  Jongmense en skoolverlaters moet kundig ingelig word omtrent die behoefte aan verkryging van vaardighede en dan die geleenthede gegun word om dit te verkry  en aan te wend
Vir Swakopmund sal die mynontwikkeling voordele bring maar daar sal ook daadwerklik aandag gegee  moet word aan die nodige mediese geriewe wat deur so ‘n mynbedryf benodig word.  Daar is reeds sprake van medici in die dorp wat reeds ontwikkeling beplan om gereed te wees vir die mediese behoeftes.
Deur die klimaatverandering en aardverwarming wat tans ‘n werelddebat uitmaak,  is die ontwik-keling van energie  ‘n baie aktuele saak wat wetenskaplikes wereldwyd  die  kwessie van skoonenergie  met groot erns laat ondersoek.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia