Girl Place in Manhatten

Saturday 14th of April 2007
Petra Hamman
Girl Place in Manhatten is ‘n plek vol nostalgie en ook ‘n  kleine paradys waar dogtertjies nog aan feetjies kan glo en feetjies  bring net liefde en mooiste mooi.
Girl Place is ‘n winkel wat poppe en nogmaals poppe verkoop.  ‘n Uitstappie na Girl Place is ‘n  dag in elke meisietjie se kinderlewe wat nooit vergeet kan word nie.
Moeder – dogtertjie –uitstappies vind gereeld plaas na Girl Place en die sitplek in die bus word lank voor die tyd bespreek.
Girl Place is gelee in die duurste sakebuurt van New York en het die Rockefeller sentrum as deftige buurman.
Die popaanbod is karaktertjies uit verskillende historiese tydperke van die Amerikaanse geskiedenis  en kan van naderby leer ken word  by www.americangirl.com
Die pop  neem nog so ‘n belangrike  plek in die lewe van dogters in  en dar het intussen in ander stede ook ‘n poppeparadys ontstaan.
Die uitstalling van die poppe in die winkel  verg argitektoniese presiesheid om die popwereld met al haar klere en bykomstighede  ten beste ten toon te stel.
Verskeie popreekse wod aangebied mar die historiese poppe steel die harte van Moedertjie en Meisietjie.  So leef Felicity in die Koloniale tydperk, Addy is uit die Amerikaanse Burgeroorlog,  Kit kom uit die Groot Depressietyd en Molly is weer kind uit die Tweede Wereldoorlog
Vir party van die jongvroutjie klante is die popmaatjie uit ‘n tydperk van die huis af saamgebring om te kom deel in die dag se droom-inkope. Wanneer daar die dag so ‘n moeder-dogter-safari  plaasvind is daar in die  “Poppestad” ‘n druk verkeer en Addy of Molly word met groot vreugde uitgeken tussen al die popgesiggies.
Die verhale van die onderskeie karakters is op film verkrygbaar en in  die winkel word hulle ook van tyd tot tyd gedraai.  Sommige meisies verseker mekaar hulle ken reeds die dialoog  uit die kop.  So vertel en meisietjie haar  ma het haar eers die verhaal uit ie geskiedenis laat lees voordat sy die pop gekoop het.
Kan ‘n  Geskiedenisles meer aanskoulik en aangrypend voorgestel word as hier by Girl Place?
Die kokketerige Barbi of die vulgere Bratz nommertjis is nie hier by Girl  Place welkom nie.  Nee die ronde ogies,  pokkeltjies, mooi rokkies en kinderlike onskuld  regeer in Girl Place.  Daar is nog nie plek vir die hygende erotiese nie  genoeg op TV
‘n  Uitstappie na Girl Place sluit vele fasette van meisiewereld in en daarom word  in ‘n byna teateragtige restaurant  Brunch  middagete, tee  of aandete aangebied.  Hierdie tafels is  vo bespreek  Hier sit Moeder met dogter en poppe aan die tafel  en die afels is vol bespreek.  Vrde word teaterstukkies met die poppe as karakters aangebied deur die dag.  Die poppe is vir moeder en dogter ewe  aantreklik en moeders waardeer die popspeel saam met die dogters want hierdie poppe is vir die dogters wat nog na Ma luister en Ma kan haar ook nog bietjie langer troetel as haar eie .
Die opvoedkundige rol van die pop in die lewe van dogters kan seker  nie uitgeput word nie.  ‘n Briljante sake-onderneming soos Girl Place kan seker nie hoog genoeg aangeslaan word nie.  Vir die dogter van vandag, gekleef  aan  gru-TV  is daar seker nie ‘n meer vrugbare uitstappie  saam met moeder as die een na Girl Place met sy stukkie paradys wat hy kan bied nie.  Sakebedryf kan  ook hier ‘n ware liefdesbedryf,  liefde vir ons kinders ,  wees. Waar is Swakopmund se Girl Place?

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia