![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Charl Moller se belowende Privaat-Inisiatief Saturday 14th of April 2007 West Coast FM ( 107.7Mhz ) die uitsaaistasie aan die kus het reeds die huisvriend geword van die kusgebied se luisteraars. back Luisteraars is veral gelukkig met die meertalige programme en Annemarie Brell wat jare ondervinding van die NBC se Duitse diens het, het onlangs ook by die stasie aangesluit Sy bied ‘n vieruur lange Duitse program daagliks aan Die inisiatief vir die private uitsaai-stasie het gekom van Charl Moller en is gevestig in die Stadtmitte in Swakopmund. Die sakesektor het die onderneming verwelkom en daar is ook reeds ‘n West Coast FM-klub gestig. Ondernemings kan gerus vir Charl of Annemarie gaan besoek en kennis maak met die aktiwiteite en programme van die stasie. Die program van Annemarie is in die tydgleuf van 10:00 tot 14:00 en wat die ander tale betref kan die besonderhede dan verskaf word. In die kort tydjie wat die West Coast FM span aan die gang is, het hulle by die publiek reeds ingeburger geraak en die radio kan in elk geval ‘n sterk bydrae lewer tot reklame vir sake en ander aktiwiteite in die streek kan ook so bekend gemaak word. Die hoofstraat van Swakopmund wat die sakehart van die dorp is, het met die toevoeging van ‘n eie radiostasie ook heelwat gebaat in verskeie opsigte en met die uitbreiding van programme kan daar in die toekoms nog vir die jeug ook veel was om na uit te sien. Daar is reeds ook al interessante kompetisies wat aangebied word met mooi pryse wat gewen kan word. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





