![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Loopbane - Wat is die Behoeftes? Saturday 14th of April 2007 Werk. ‘n Beroep, ‘n Loopbaan. Dis elke jongmens se reg, sy droom in sy vaderland. back Maar die vaderland het die verantwoordelikheid om die klimaat daarvoor te skep deur sy wyse en effektiewe regering. Jongmense het die begeerte om aan te beweeg in die lewe en van die geleenthede wat beskikbaar is gebruik te maak om sy volle potensiaal te ontplooi en saam te bou in die gemeenskap om sy land te dien. Namibie het geleenthede en moontlikhede maar sy sisteme is alles behalwe vriendelik teenoor sy jeug in die sin dat sy onderwys en opvoeding lelik mank gaan aan toepaslike voorbereiding van sy jeug op die toekoms en die werkplek. Met sy diskriminerende arbeidswetgewing ontneem hy ook ‘n groot deel van die bevolking van werksgeleenthede. Ouers van skoolgaande kinders moet vandag baie ernstig besin oor hul kinders se opleiding en opvoeding vir ‘n sinvolle toekoms. Dis vandag elke ouer se plig om sy kind deeglik te ken en te weet wat sy aanleg is en vir watter beroep hy kan kwalifiseer. As hy dit nie self kan bepaal nie moet hy professionele hulp kry en toesien dat die jongmense die gepaste opleiding kry. Ouers moet hulle geensins verlaat op politici se beloftes nie en ook nie dink dat hulle opleidingsbeloftes uitgevoer kan word nie. Die gemeenskap moet self begin navorsing doen oor beroepsmoontlikhede en daarmee saam die opleidingsmoontlikhede ondersoek en daarstel. Skole in die land is op hierdie stadium nie in staat om kinders vir die mark voor te berei nie. ‘n Groot getal ouers het reeds begin om onafhanklike skole op te rig maar die proses moet beter nagevors word en die mark en opleiding en voorbereiding moet nader aan mekaar gebring word. Die sakesektor het ‘n ernstige verpligting om deel te neem aan opleiding en opvoeding. Elke burger van die land het ‘n plig om ‘n bydrae te lewer vir onderwys want elkeen is elke dag afhanklik van onderwys op verskeie vlakke. Gebrekkige opvoeding lei sonder enige twyfel tot misdaad en enkele lede van die sogenaamde “gangs” met wie PLUS gesprek kon voer het ruiterlik erken dat “crime” sy “career “ is en dat dit “easy money” is. Hulle stel geensins in skool en ‘n leerdery belang nie want dit bring nie geld in nie. Die onderwysdepartement laat hoor dikwels van die indrukwekkende Etsip wat op pad is en onderwys ingrypend sal verbeter. Standaarde sal vir onderwysers vasgele word maar die vraag is net waar is die onderwysers veral die wat die skaars vakke soos Wiskunde en Wetenskap en Tale moet onderrig. Ouers kan hulle kinders se behoeftes ontleed en hanteer as hulle self die leiding gee. ‘n Onderwysontwikkelingsliggaam waaraan die ouers met mening deelneem kan ‘n uiters bruikbare erktuig word om ons jongmense leiding te gee en om te netwerk met regering sowel as die sakesektor. Niemand wil met die Departement swaarde kruis nie maar die liggaam kan aanvullend tot die owerheid ‘n baie bruikbare rol speel. Ouers moet duidelik besef dat selfs tersiere onderwys nie eens die jongmens kan voorberei vir die werkplek nie. Praktiese leer en ondervinding is die afdeling waar die mark die jongmense moet bystaan. Ouers, die jaar is reeds ver gevorder. Binne ses maande staan die Graad 12 voor ‘n eindeksamen. Wat gaan van jou kind word? Waarheen met hom/haar? Meisies wat dink hulle trou en hul loopbaan is gevestig, nuus vir jou. Met wie wil jy trou? Belastingbetalers en opvoeders, die tyd vir ‘n onderwysrewolusie is nou. Dis nie om strate toe te gaan met plakkate nie. Nee, en nogmaals nee. Dis denke en positieweoptrede en kinderbegeleiding wat nodig is. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





