![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Tuesday 24th of April 2007 Goeie wense. Is dit nou die tyd vir goeie wense? Baie mense se met me-ning dat hulle nie meer koerante wil lees nie want dis net verwoesting en agteruitgang . Dit bring ons mense net al hoe nader aan die gapende afgrond voor ons. back Ek het vandag vir jou ‘n goeie wens. Ek wens jy kry ‘n stywe nek. “Ja, sien, se die pessimiste, “kyk hoe lyk ons mense al, verbeel jou ‘n goeie wens. Wens jou ‘n stywe nek toe.” Net voor jy PLUS wil kruisig. Kom ons dink of dit ‘n slegte of goeie wens is. Mense praat so graag om die braaivleisvure tussen die Klipdrif en Coke bottels deur oor die goeie ou dae. Dan ryg ons stringe van die slegte dinge van ons hede vir mekaar uit en so veronderstel ons dat alles in die verlede tog baie beter was. Kom ons kyk om ons rond in Afrika. Ons hede is leefbaar en die toekoms kan nog baie beter word AS……….. Ons nie in ons dop kruip nie, nie ons kop in die sand sit nie en nie Australie toe vlug nie. Of as ons aanhou vir mekaar se : Aag Hoekom moet ek? Maar kom ons se vir mekaar “Hoekom nie nou nie?” Sit apaties eenkant in die hoek en mor en knor soos ‘n ou boerboel en kyk net na my eie belange, my eie fortuintjie wat ek gaan versamel hetsy goed of kwaad. Is ons nog gelowige Christene? Kan ons nog die hand aan die ploeg slaan en nie aanhou omkyk nie ? Want sien, met die aanhou omkyk, ploeg ons skeef en krom en benadeel die saaiwerk en die oes van die toekoms. Is iemand wat heeltyd omkyk in ongeloof geskik vir die Koninkryk? Nee hy is nie. Ook nie vir die nuwe lewe wat ons moet uitbeitel nie. Omkyk benadeel die lewe vir jouself, vir die land en vir jou naaste. Vandaar my Goeie Wens vir ‘n stywe nek sodat dit vir ons moeilik sal wees om te veel om te kyk. Ons het baie kennis en denke nou nodig om die rillers wat ons in die koerante elke dag lees aan te spreek. Maar een ding mag ons nooit vergeet nie en dis dat elkeen van ons wat hier woon en sy verantwoordelikhede dra, ook kundige inspraak moet soek in die oplossing van ons probleme. Ons moet deelnemende opposiesie bied waar nodig. Om dit te kan doen moet daar gestruktureer word en gesprek gevoer word. Kommunikasie en doen vermag baie meer positiewe resultate as omkyk. Ons moet die draers wees van etiese waardes en kundigheid in die politiek, in die ekonomie, en in die sosiale en geestelike wereld Die wereld daar buite moet ons hoor en sien en verwonderd wees oor ons ubuntu-demokrasie, ons konsensus-bestuur, ons model in Afrika. Daar is werk Afrikaner. Maak huisskoon en laat die jong hande die beitels vashou. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





