Boris Yeltsin is dood

Saturday 28th of April 2007
Petra Hamman
Hy is die eerste  post-Sowietleier en die eerste demokraties-verkose  president van die  grootse Rusland.  Hy is die eerste Russiese president in meer as honderd jaar  wat so hartroerend in  Moskou se  goue koepel Christ the Saviour Cathedral met ‘n staatsbegrafnis vereer word. Ortodokse tradisie, erfenis uit die Bisantynse Christen milieu  is weer Rusland se eie.  Die katedraal is  herbou  in Yeltsin se tyd  na die  verwoesting van die vorige bedeling.
Hierdie beduidende tree van Rusland op die weg na demokrasie en die terugroep van sy ryk kultuur en geskiedenis moes mense oor die wereld positief aangegryp het.  Het Rusland  die magtige land sy ryk kultuur,  sy treffende godsdiens, weer sy eie gemaak?  Dit kan net ‘n groot vreugde beteken
Die reismantel vir die pad na verandering in sy land, het op Yeltsin se skouers geval.  Gorbachev  die laaste leier van die Sowiet-unie het reeds  met Glasnost gevorder op die pad maar Yeltsin wat hom opvolg sou die pad inslaan na demokrasie en die einde bring aan die Soviet-unie,  wat toe opsplit in 15 aparte lande.
  Yeltsin verdien sy leierskap toe hy die staatsgreep wat die bittereinders van Kommunisme   teen Gorbachev  wou uitvoer kelder.  Hy verslaan die KGB konkelaars wat die ou Soviet wou red.  Gorbachev word ontvoer en dis sy einde van die pad.
  Yeltsin kyk  die konkelaars reguit in die oe vanaf  ‘n tenk waar hy opklouter. Hierna was hy die leier. Hy maak ‘n onbetwisbare einde aan Kommunisme  Gorbachev het vrywillig bedank en oorhandig aan Yeltsin wat met sy gewildheid die eerste verkose president word.
Enkele maande na die gebeurtenis,  was ek op uitnodiging van Valentina  Tereshkova, die eerste vroue-ruimtevaarder op besoek in Rusland.  Die gees van die bevolking  het my  aangegryp en in die persoon van Valentina kon ek heelwat leer.  Ek kon die Kremlin ook besoek en Yeltsin sien.   Tyd was skraps maar genoeg om my  deeglik bewus te maak  van Yeltsin se bo-menslike taak.Ek het ook die voorreg gehad om die terrein van die staatsgreep, net langs die Withuis, te besoek. Barrikades  en tenks was oral maar die keer was dit ‘n filmspan wat die gebeure op film wou vasle.  Enkele ouer persone het dit gadegeslaan en wou sommer weer toetakel, menende nog ‘n opstootjie kom.
Die tyd was gespanne.  In Rusland was chaos en vryheid.  Dit was ook die einde van die Koue Oorlog wat ‘n geweldige impak in Afrika en veral SA en Namibia gehad het.  Dit was die ongelukkige tyd toe Rusland Afrika en sy vryheidsvegters oorstroom het met die  AK 47 wat veel bloed laat  vloei.
Yeltsin bring ook heling  na die Koue Oorlog
In die hierdie onbeskryflike tyd van ‘n wereld  en omwenteling kom Yeltsin om Rusland se koers om te draai.  Meer as 80% van sy bevolking is in uiterste ellende en armoede gedompel.  Hy is die held, die skurk en die hanswors. Die Weste vertrou hom nog nie heeltemal nie en wil nie juis hulp verleen nie, veral nie geldelike hulp of belegging nie.
In sy  stryd  het Yeltsin die groot flater begaan om die staat feitlik uit te veil aan die roof-kapitalisme van oligargie wat skandalige rykdom in die tyd versamel het, terwyl die bevolking in armoede verswelg het.
Nog ‘n onvergeeflike flater was sy oorlog wat hy in Chechnie ontketen het.  Verder het hy op diplomatieke vlak baie verleentheid vir sy land veroorsaak wanneer hy die bottel dikwels aangespreek het.  Sy  ekonomiese maatreels was ook soms katastrofaal maar die feit bly,  hy het sy land oopgemaak vir samewerking op alle vlakke met die Weste.  Hy het hulle uit die dodelike greep van Kommunisme bevry.  Vandag  kry hy die lof van Brittanje wat sy reuse verdienste om verandering in Rusland teweeg te bring  na waarde skat. 
Na tien jaar Kremlin het Yeltsin bedank en aan Vladimir Putin oorhandig.  Hy word die tweede demokratiese president wat baie van Yeltsin se ekonomiese maatreels suiwer beslag gee maar helaas politieke vryhede begin inkort het.  Goed of kwaad, dit sal die tyd besluit.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia