![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Friday 27th of June 2003 Harry Potter-manie tref toe ook Namibië. Volgens boekhandelaar Anton von Wietersheim is sy voorraad in Swakopmund sowel as Windhoek uitverkoop En dit teen N$269 per eksemplaar! 255,000 woorde en heelwat avontuur kry die gelukkige kind wat Harry Potter 5 in die hand kry. "Harry Potter and the Order of the Phoenix" heet die lywige stuk fantasie-avontuur. Die Britse skryfster JK Rowling is na die stormloop oornag N$400 miljoen ryker en kan daarmee saam die eerbare toekenning kry dat sy man-alleen ‘n hele geslag kinders van die wêreld teruggebring het na die geskrewe word en die vreugdes van lees. Wat haar totale fortuin aan ponde betref, het ‘n pittige leser opgemerk dat sy na twee flieks en vyf boeke in die vermoë is om vir die Koningin van Engeland ‘n ruim leninkie te kan bied. Die vorige Harry Potter boeke het 200 miljoen kopieë verkoop oor 200 lande in 55 tale. Van die jongste eksemplaar Harry Potter 5, is 13 miljoen gedruk en dis duidelik die beste verkoper sover bekend in die geskiedenis Boekwinkels oor die wêreld het allerlei uitstallings gehou oor die inhoud van die verhaal. Die twee flieks van die vorige boeke het reeds 1,8 biljoen dollars ingebring wat die verskyning van die Harry Potter boeke ‘n onvergeetlike fenomeen van ons tyd maak. In SA het die boek reeds meer kopieë verkoop as die gewilde biografie van Nelson Mandela.. Een boekwinkel in Johannesburg het 900 eksemplare gekry en dis ongehoord vir enige boek het die bestuurder van die winkel gesê. Die skryfster, 37-jarige JK Rowling sal beslis beslis al die pad bank toe glimlag al het sy gehuil toe sy in die laaste boek een karakter moes elimineer. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





