![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Aardverwarming - bedreiging vir die mens Saturday 28th of April 2007 Aardverwarming. Dit is ‘n omge-wingsbedreiging vir die voortbestaan van die mens. Die debat handel daaroor of die gevaarlike kweek-huisgasse deur die mens veroorsaak word en of dit natuurlike prosesse is. back Die openbare debat oor die saak word die afgelope paar jaar met veel emosie gevoer en die groen partye raak heftig in hul konfrontasie met regerings Verlede jaar het Al Gore, voor-malige visie-president van Amerika ook tot die bewaringsveldtog toegetree. Hy en sy groep het die film “An inconvenient Truth” uitgegee waarin dit duidelik uitgebeeld word dat die mens hoofsaaklik verantwoordelik is vir aardver-warming en die klimaatsverandering wat daarmee gepaard gaan. Hierdie Oscar-bekroonde rolprent word nou teengestaan deur ‘n nuwe een wat pas verskyn het en die teenoorgestelde standpunt stel. “The Great Global Warming Swindle” van Durkin is daarop gemik om ‘n teenvoeter vir Gore se “Inconvenient Truth te wees. Wetenskaplikes wys nou daarop dat klimaatverandering nie ‘n “godsdiens” moet word nie en dat daar wel baie meer pogings aangewend moet word om wetenskaplike navorsing deur te voer. Bevindinge moet dan op minder emosionele wyse en meer wetenskaplik beskou word. Dat natuurlike hulpbronne soos water wel in die nabye toekoms baie skaars sal word, veral in Afrika is wel waar. Dit het tyd geword dat die hulpbronne soos water met die uiterste kundigheid bestuur en benut sal word anders sal die lewegewende water nie vir die kontinent daar wees nie. In die hele proses van bewaring is dit ook noodsaaklik dat alternatiewe energie-bronne ook ondersoek sal word. In SA word tans deur die boerderygemeenskap die moontlikhede van sonkrag of windkrag ondersoek. Sonkrag is reeds redelik algemeen in gebruik maar in die stygende vlaag van misdaad word die sonpanele teen ‘n geweldige tempo verwyder. Nou word daar ondersoek ingestel na windkrag. Daar is ook moontlikhede ondersoek vir ‘n kombinasie van die twee energie-vorme. Om windlaaiers te installeer is duurder as die sonpanele maar miskien vir die boere meer prakties teen misdaad. Boere twyfel nie daaraan dat die twee stelsels wel vir hulle die antwoord kan wees op plase nie, want as die twee ten volle ge-integreer is, kan dit ook met sekuriteitsmaatreels wat ingebou sal word, ‘n veilige en lonende stelsel wees. Die landbougrond in die land moet ook met uiterste omsigtigheid benut word want met klimaatsverandering kan die produksie van voedsel ook baie nadelig getref word. Gewasse sowel as dierelewe kan deur klimaatstoestande swaar getref word. Daarom moet betyds stelsels ontwerp word om landbou-bestuur op ‘n gesonde wetenskaplike grondslag te plaas. Landbougrond wat versorg word, beteken voedsel vir die toekoms maar verwaarlosing in die sin van bebossing of woestyn produseer nie voedsel vir die mens nie. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





