Rössing se CAT 994F - Monster by Duin Sewe

Sunday 13th of May 2007
Petra Hamman
Rossing kom toe weer tevoorskyn met ‘n  reuse verrasing en na dese is  daar nie twyfel dat  die myn nog ‘n lang lewe  vir homself sien nie.
Verlede week word die pers genooi om die  “Monster” by  Duin 7 te kom ontmoet.  Dis nou die dinosaurus van laaigrawe wat in die land verskyn het.  Die  CAT994F laaigraaf is die eerste van sy soort in die land.  Hy is in 28 kratte na Walvisbaai verskeep waar hy gemonteer is. Sy totale koste was  N$25 miljoen en  ‘n  span tegnici  onder toesig van Reiner Przybylski  van Rossing sal die ou grote tegnies versorg.  Hy is in Walvisbaai deur  Barloworld ontvang  en mnr Jannie Loots van die  Depot  meen dit sal  seker drie dae neem vir die CAT om sy  werkplek te bereik teen 10 km per uur  want daar moet ook na elke uur ‘n uur lank gerus word.  Daar sal van die paaie weg van die verkeer gebruik gemaak word om die minste steurnis aan die omgewing te veroorsaak.  Die reuse wiele se 3,8m  deursnit neem die volle breedte van die pad en dis dus onmoontlik om die paaie te gebruik.
Die laaigraaf sal in die oopgroef gebruik word en daar word verwag dat produksie hierdeur ‘n taamlike hupstoot sal ontvang.  Die groot  skepgraaf het ‘n kapasiteit van 27 ton ton erts op ‘n keer
Volgens die  tegnici is die  diesel-gedrewe masjien  ‘n unieke ontwerp  en is dit ook omgewingsvriendelik want uitlaatgasse sal beperk word.
Die mynpersoneel was duidelik  baie opgewonde om die “Monster” in diens te stel en die operateurs  sal deeglike opleiding ontvang om die masjien veilig en effektief te laat werk
PLUS gee graag aan Rossing ‘n handdruk en wens hulle groot sukses toe met die masjien

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia