![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Leierskap. Dit is die blink ster wat dof is oor Afrika Sunday 13th of May 2007 Wat behels die woord eintlik? In die ou geskiedenis lees ons van die “Hero as King”. Ons lees in die Bybel van Israel wat ‘n koning wou gehad het. Hulle het toe ook een gekry. In die Franse geskiedenis lees ons weer van die Franse koning en sy vrou wie se koppe afgekap is en toe deur die strate geparadeer is back Die koning was in die geskiedenis die man wat kan. The most Able man en die deugde wat navolgingswaardig is, was in hom gesetel. Vandaar die naam Koning wat beteken “kan, koennen, can-ning” Hy was die “commander over men”, in die perfekte staat, was hy “the truest-hearted, justest, the noblest Man, what he tells us to do, must be precisely the wisest, fittest that we could anywhere or anyhow learn.” Tot sover die ideaal van die koning. Vandag stem die Franse vir ‘n leier. Hulle keuse le tussen regse Sarkozy,seun van ‘n Hongaarse immigrant of Sergolene Royal die eerste dapper vroutjie wat haar Sosialiste-party aanbied om Frankryk te lei Leierskap is wereldwyd wankelmoedig. In Afrika met sy koloniale geskiedenis is daar skaars ‘n leier van formaat wat genoem kan word. Magstryd, rebellie volksmoord is daar. Die skatte en rykdomme waarmee Afrika geseend is, kan nie bestuur word nie. Die bevolking ly honger en siektes is aan die orde. In ons eie land kyk ons daagliks toe hoe waardes vertrap word. Of die skole en universiteite ooit weer in SA of hier daarin sal slaag om die nodige leiers vir die ontwikkeling te lewer is ‘n kwelvraag. Die poel van leiers word al kleiner en lompe politiekbedryf gedy. Die enigste oplossing is dat die tersiere opleiding nuut oordink en nagevors word. Verdienstelike studente moet reeds op skool vir leiersrolle voorberei word Daar is ‘n groot tekort aan leiers in die konstruksie, ingenieurs, en sake-sektore. Blote polities-korrekte deurgevoerde drie of selfs vier jaar opleiding na skool produseer beslis nog nie ‘n uitvoerende leier in die korporatiewe sektor of elders nie. Daar is ‘n tekort aan direkteure of leiers wat in die konstruksie-bedryf of projekbestuur kan instap om toe te sien dat die land se nodige infrastruktuur vir die toekoms ontwikkel word om aan die behoeftes soos watervoorsiening of energie-ontwikkeling te voldoen. In Namibie sal byvoorbeeld drasties gekyk moet word na die nodige bestuur van die waterbronne en dat by wyse van spreke, elke reendruppel opgevang sal word voordat lewegewende water in die riviere see toe spoel Die klaaglike toestand van die opvoeding van die jeug stem tot ernstige kommer. Die oorweldigende misdaadvlaag hier en in SA kan net deur sinvolle opvoeding aan bande gele word. Wie sal dit doen? Misdaad het ‘n betalende nywerheid geword en genereer heelwat inkomste vir die regering en nie alleen vir die regering in die vorm van belastings nie maar ook vir die jongmens wat nie baie lus het om sy tyd op die skoolbanke deur te bring nie. Suidelike Afrika het groot potensiaal om sy burgers te voed en van ‘n dak te voorsien, maar met die powere leierskap kan daar nie veel bereik word nie en met die apatiese deel van die bevolking kan uitdagings nie die hoof gebied word nie |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





