Par Excellence digby Woermann-Huis

Sunday 20th of May 2007
Petra Hamman
Woerman-huis in die sakehart van Swakopmund  kyk nog steeds met ‘n wakende oog uit oor die sakebedrywighede rondom hom. Stoere,  trotse  erfenis van die vroegste sakelui wat hulle hier kom vestig het meer as ‘n eeu gelede.  Dit was die Ankerplatz van  pioniers met ideale vir ‘n nuweland
Hier dig langs Woermann-huis het Corlia Vorster  met  Par Excellence,  haar ook kom vestig.  Sy het ‘n passie vir smaakvolle tuisteskepping en  beloof om vele woonplekke  in te rig met  gordyne, blindings en stoffering.
Corlia  het pas haar deure oopgemaak en klante is welkom om haar te besoek met hul versoeke vir binneversiering om ‘n rustige leefarea te skep.  Sy kan professioneel raad gee oor meubilering, kleurskemas en alles wat nodig is om ‘n tuiste vir ‘n gesin te skep. Corlia verkies om klante se woonplekke te besoek vir die neem van mate en dan raad aan te bied vir die inrigting  en  binneversiering van die woning.
Par Excellence bied mededingende pryse aan klante en beplan om  die behoefte van elke klant individueel te ondersoek en dan die beste moontlike advies te gee.
Belangstellendes kan gerus met  Corlia by 064  462488 in verbinding tree en ‘n afspraak maak om vas te stel watter besondere dienste sy aanbied.
Par Excellence is ‘n knus gesellige ontmoetplekkie met ‘n venster wat uitkyk op  die fraai tuin van die geskiedkundige Woermann-huis en ‘n mens kan nie anders as om te fantaseer oor die karakters van ‘n eeu gelede wat hier geleef het in die  romantiese omgewing waar motors nog nie hul  verskyning gemaak het nie en statige dames  in hul tabberds met ‘n perdekar gaan besoek afle het.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia