Opale uit Australie in Swakopmund

Sunday 20th of May 2007
Petra Hamman
Attila Pereghy het pas ‘n uitstalling  in die Engelhard Galery gehou van die ongelooflike pragtige stene wat in kosbare juwele verwerk word  deur meesterlike goudsmede
Die ongewone  kleurvolle stene word deur Attila Pereghy in uitstallings  wereldwyd bekendgestel.  Hy ontgin self die stene in Australie en dis duidelik dat dit ook vir die plaaslike bevolking fassinerende  kosbare  kleinode is.
Die onbeskryflike kleure en vorme  van die stene is sonder wyfel vir die kreatiewe juweliers van ons land ‘n groot maar aangename uitdaging
Volgens Attila bring die opal vir die mens die kleurvolle sy van die lewe.  Daar word vertel dat die Romeinse bevelvoerder  Markus  Antonius ,die geliefde van die Egiptiese keiserin, ‘n opaal teen ‘n ongehoorde prys van ‘n koopman wou koop maar nie eens vir die koninklike skone dame het hy kans gesien om van sy kosbare opaal  geskei te word nie en skone Kleopatra moes maar tevrede wees.
Die juwelierskunstenaars glo dat die wondersteen  vir die mens  die lewe self weerspieel  Die opaal inspireer die kuns sodat die mooiste skepping tot stand kom. So word daar ook geglo dat die opaal reeds van oudsher  die mens se geluksbringer was. Sy eienaar het glo ‘n innerlike vitaliteit en spontanieteit wat  ongekende lewensvreugde bring.  ‘n Opaal  in die hande van die kunstenaar bring skoonheid na vore wat onge-ewenaar is.
Vir enkele mooi vroue kan dit dalk ‘n droom wee swat bewaarheid word want  ‘n paar stene kan dalk wel beskikbaar wees.  Die beste plan sou wees om die Engelhard Galery te besoek en navraag te doen.
Attila  Pereghy  reis nou deur die wereld om die kosbare gelukbringerstene uit Australie te bemark.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia