Haatspraak

Friday 25th of May 2007
Petra Hamman
Haatspraak en siedende rassisme oorheers blykbaar  die persoon van Malcolm Matundu en sy hoeveelste verskyning in die hof waar sy saak telkens weer uitgestel word, bied vir hom ‘n gerieflike plaform om sy gal te braak teenoor wit Namibiers.  Hy is haastig om in Afghanistan te kom want daar wil hy gaan leer om bomme te maak om die wittes se huise mee  te bombardeer. Die man  is werklikwaar ‘n volksheld want hy wil graag weer oorlog maak volgens sy  hartstogtelike toesprake aan die pers.  Goeie voorbeeld  ook vir die jonges om hulle voor te gaan in die stryd.
So het mnr Malcolm Matundu ook ‘n  stoere kameraad in Mnr Kamwi, die woordvoerder van die oud-vryheids-vegters.  Ook ‘n stoere held wat sommer na bewering ook as regs-praktisyn optree as dit pas
Die heer se saak is weer uitgestel  aangesien die dossier nog steeds by die Aanklaer-generaal is. En die staat wag op haar instruksies.
Hierdie was toe ‘n goeie geleentheid om teen die Prokureursorde te velde te trek.  Volgens mnr Kamwi bestaan hulle uit Boere  Hulle het hom glo herken as iemand wat Boere geskiet het en met lus voeg hy by dat hy dit regtig geniet het om Boere  dood te maak.  Hulle sit mos ook agter die klag wat teen hom gele is,Aldus mnr Kamwi.
Laat hom sy plesiertjies geniet maar hoe wil ons nou positief die toekoms in beweeg?   Wil ons ad infinitum voortgaan om geeste op te roep of wil mnr Kamwi dalk eendag wakker word en aan die lot van sy eie  mense, veral sy vroue te dink en die misrabele bestaan wat hulle voer onder  die misbruik van hulle mans en die ellendige armoede .  Wil hy dalk saamwerk aan planne om sy eie kinders te voed en te klee of  wil hy en sy trawante net aanhoudend daarvoor sorg dat hulle in ellendigheid voortvegeteer.  Kom mnr Kamwi en die heer Matundu kom reg en laat ons vorentoe beweeg.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia