![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Water, Klimaarverandering, Aardsverwarming Friday 25th of May 2007 Water. Klimaatverandering en aardverwarming. Hierdie is woorde wat elke dag oor ons spoel in die media. En wat ons in Namibia betref, ons het reeds ‘n swak reenseisoen, en ons besef dat daar ook baie tekortkominge by ons infrastruktuur vir water is. Daar word tans wereldwyd navorsing gedoen wat die beskikbaarheid en bestuur van water betref en so het die Organisation for Economic Co-operation and Development se segsman Angel Gurria in sy persverklaring gese dat die onverskillige gebruik van water ‘n lewensgevaarlike probleem is. back Water word al skaarser en om meet e begin sal pryse vir water baie opgeskuif moet word om mense te dwing om dit meer oordeelkundig te gebruik. Hy het dit ook beklemtoon dat water en die verskaffing daarvan nie polities gesien moet word nie. Baie noukeurige bestuur van water in die hande van kundige mense is baie belangrik aangesien die aardver-warming en klimaatsverandering beslis meer droogteperiodes sal bring en daarvoor moet voorsiening gemaak word. Vir brandstof en steenkool kan daar seker nog plaasvervangers gevind word, maar nie vir water nie. Afrika is ‘n sprekende voorbeeld van swak bestuur en daar is skaars ‘n enkele land waar die sisteme in plek is om die bevolking se bronne te beskerm. Afrika is self ook skuldig daaraan dat die tegnologie en daarmee saam die kundige hande uit die kontinent verdryf word. Afrika-leiers besef geensins dat kennis en wetenskapsbeoefening die enigste redding en versekering vir die voortbestaan van die bevolking is. Politieke leiers het ‘n blinde grypsug na mag deur geweld en die rol van toegepaste kennis is nie vir hulle ‘n gedagte werd nie. Daar is geen land in Afrika waar die soeke na kennis en die waarde van kennis na waarde geskat word nie. Slegs SA slaag nog daarin om sy jongmense in ‘n mate op die pad van kennis te lei, maar werkspraktyke en arbeidswetgewing en politiek bots voortdurend en die wetenskapsbeoefening kan so nooit gedy nie en dien tot die mens se oorlewing nie. Water sal waarskynlik net teen ‘n baie hoe prys later nog voorsien kan word maar werklike wetenskaplike bemoeienis skyn nie op die tafel te kom nie. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





