Gedagtes van ‘n jong politieke aktivis

Friday 25th of May 2007
Petra Hamman
“There are  acceptable levels and variations of wrongfulness”.  Dit is die gedagte van ‘n jong politieke aktivis met wie PLUS onlangs gesprek gevoer het oor die gevoel van jongmense se siening van goed en kwaad,  veral met betrekking tot misdaad.
Wie bepaal nou eintlik wat reg is en wat verkeerd is? Ons het almal menseregte en behoort nie aan bande gele te word  in ons uitlewing van ons regte in die gemeenskap nie.
Maar het ‘n mens nie ‘n aangebore gevoel of gewete wat jou lei om die keuse tussen goed en kwaad te maak nie?  Wat van jou ouers se opvoeding oor die norme wat aanvaarbaar of nie-aanvaarbaar is nie?
En as ek sonder pa met my ma erens in ‘n plakkerkamp op die straat grootgeword het?  Wat dan.?  Die groot manne van die politiek het by ons gang gekom en hulle het ons  vertel dat ons in die Field Force kan opgeneem word en dan leer ons van die politiek en kan ons vir die Party werk.  Ons kan in dieYouth League vir die  leiers ondersteun.  Dit was baie lekker want dit het jou sterk gemaak en jy het kos en slaapplek gekry.  As daar van die ander gangs by jou kom en vir ‘n special job intrek, dan  kan jy geld kry,  baie meer geld as wanneer jy vir die whiteys gaan werk.  Daar is nie genoeg geld in nie.  Jy moet nog maar kyk of jy kans kry om  miskien die vrou se beursie  te gryp of  ‘n selfoon of  calculator of miskien ‘n kamera te laat wegraak.  Maar as hulle jou vang is dit weer polisiesake.  Partykeer is ‘n polisie-man bietjie goed vir ons en help ons.  Dis mos nie verkeerd as jy iets vat van iemand wat alles het nie.
Is hierdie soort lewe al wat vir die jongmens beskore is?  Hy is ook mens en verdien om menswaardig te lewe.  Hy het ook die reg om te weet dat hy ook ‘n gewete het,  dat hy geskape is met ‘n vrye wil om keuses te maak en dat hy in sy keuse gelei behoort te word deur sy gewete,  of uiteindelik ook te verstaan wat sonde is, om ook vergifnis vir sy sonde te verkry uit genade?
Watter verantwoordelikheid het elkeen van ons vir ons mede-mens?  Van die vroegste tye af het die mens geleer dat hy sy naaste moet liefhe soos homself.  Wie is my naaste?  Om my naaste lief te he moet ek  ook ‘n gewete he want dan sal ek weet wie my naaste is.
Watter verantwoordelikheid het die regering vir die jongmense van die land?  Moet hulle net die begroting  opstel vir onderwys en baie praat in die Parlementen daar hou dit op.  Daarvandaan is hulle ook nie gemoeid  met diegene wat misdaad pleeg nie want sien daar is tog acceptable levels van misdaad en  die verkeerde.
Ons kan seker een koerant na die ander vol skryf oor die  misdaad en die droefheid wat daarmee gepaard gaan, maar dit bring geen oplossing nie.  Dis die taak van die volk om oplossings te vind vir die probleme en dit deur te voer.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia