Etosha - Wonderlike Erfenis van Pioniers

Saturday 9th of June 2007
Petra Hamman
Etosha!  Beleef honderd jaar mensehande wat hom die perel  van Namibie se wildlewe gemaak het.  Miljoene besoekers van oor die wereld  kan hul aangename herinneringe aan  hul ervarings  in Etosha  Nasionale Park met vriende en bekendes deel  Diere wat hulle hier gesien het in hul natuurlike staat is ‘n  verryking vir  enige mens se gemoed.
Anderhalf eeu gelede het hier inboorlinge deur die gebied geswerf  maar die gebrek an standhoudende water het ‘n nedersetting onmoontlik gemaak. 
Sedert  1850 het die vraag na ivoor en miskien ook volstruisvere  het van die vroee  jagters soos Charles Andersson en Francis  Galton  die eerste Europeers   geword wat die bestaan van die gebied  beskryf het.  Met die mode-giere in Europa het fortuinsoekers en jagters dan ook hul visier gerig op die land.
Later kom die handelaar en reisiger   W Jordan deur die gebied en koop groot dele daarvan van die hoofman Kambonde.  Hy laat 46 Dorslandtrekkers toe om te boer tussen  Grootfontein en Otavi en later noem hulle die gebied Upingtonia.  Hulle stig ‘n kortstondige republiek daar.
Met die koms van die Duitse  Schutztruppe  1889  word die eerste klein fort gebou by Namutoni.  Hierdie fort, Okaukuejo en Sesfontein word hulle buiteposte.  Later word jagregulasies afgekondig en ‘n verbod op die skiet van olifante is in 1892  deurgevoer.   Hierdie is die eerste poging om die wildlewe te beskerm.
1903 is die nuwe fort by Namutoni voltooi.  In 1904  het die Owambosoldate van Koning Nehale van Ondonga die fort aangeval en vernietig. Die fort is in 1905 herbou volgens die ontwerp wat vandag sigbaar is
‘n Versiende Duitse Goewerneur Dr. Friedriech von Lindequist het in 1907 die gebied rondom Namutoni geproklameer as  ‘n wildpark.  ‘n Streek van ongeveer 90 vk km is ingesluit en sedertdien was dit die grootste wildreserwe in die wereld.
Etoshapark is dus vandag ‘n kosbare erfenis vir die land en sy mense wat nog baie inkomste  hieruit sou genereer.
Luitenant Adolf Fischer is die eerste wildbewaarder van Etosha.  Hy het reeds interessante rekords gehou van die beweging van die wild
In die Eerste Wereldoorlog word die gebied deur die SA-Regering oorgeneem nadat  die land deur die  League of Nations as C-Mandaatgebied aan die SA-Regering oorhandig is.  In 1921 word  SA se eerste  Wildbewaringsproklamasie vir SWA  uitgereik
Deur die jare wat die onafhanklikheid voorafgegaan het, is fenomenale vordering gemaak met die ontwikkeling  en navorsing op die gebied van wildbewaring.  Etosha het ‘n gesogte toeristebestemming geraak.  Gerieflike fassiliteite is ingerig en daar was ‘n paradys vir wildliefhebbers en fotograwe.
Die geriewe is so pas  in die honderdste bestaansjaar  opgegradeer en daarmee saam ook die tariewe. Maar vir diegene wat dit kan bekostig bly dit net soos honderd jaar gelede nog die avontuur van ‘n leeftyd om ‘n tydjie daar deur te bring naby die natuur en sy rykdom aan dierelewe.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia