Is Universiteite nog ons Trots?

Friday 15th of June 2007
Petra Hamman
Universiteite is ‘n land se trots en sy ideaal.  Ten spyte van sy sondebokstatus van die verlede was daar darem ‘n paar prestasies ook waarop hy baie trots kon wees.  Een daarvan in sy akademiese standaarde en sy inrigtings van wereldgehalte waar ook sodanige navorsingswerk gedoen is.  Ons dink gerus aan die mediese   veld waar SA die eerste hartoorplanting in Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad uitgevoer het.
Tersiere onderwys was wereldgehalte en grade van die inrigtings was aan oorsese universiteite erken  want SA het pionierswerk gedoen op verskeie gebiede van die wetenskap.
Hierdie universiteite was nou geskakel aan Namibie want die land se studente het ook daar gestudeer en hul eie prestasie ook gelewer.  Ook Unisa is hier sowel as in die buiteland  beskou as waardige tersiere   bron van kennis en lering.  Unisa het behoorlik sy kant gebring as afstandsonderrig-inrigting en die land van nodige  vaardighede voorsien vir die broodnodige ontwikkeling van Suidelike Afrika  Standaarde en die integriteit van sy doserende personeel kon nie in twyfel getrek word nie.
Daardie dae van kwaliteit is helaas verby.  Onlangs  ken Unisa ‘n doktorsgraad toe aan  ‘n voormalige president van Haiti  Jean-Bertrand Aristide wat  uiters  verdag was en die kwaliteit was geensins akademies aanvaarbaar nie.  Sodanig so dat vier professore van  ander universiteite ernstige teenkanting uitgesprekk het en  selfs spelfoute en inhoudsfoute in die verhandeling aangedui het.  Van enige bydrae tot die wetenskap en navorsing was geen spreke nie.
Ook die universiteit van KwaZulu-Natal is erg onder verdenking by akademici en die inrigting het ook ‘ n doktorsgraad aan ene Chippy Schaik, broer van die berugte Shabir Shaik, betrokke by die ewe berugte wapenskandaal in SA toegeken met dieselfde lam vlerke van plagiaat van die navorsing van ander wat hy aangebied het as sy eie.  Nerens is enigsins verwys na diegene wat die navorsing gedoen het nie.
Soos verwag kon word is die akademici se besware afgemaak as rassisme  teen die promoter professor Ncedile  Saule.  Shaik het in ieder geval toe ook uitgewyk na Australie.  Intussen het nog drie professore by die betrokke universiteit bedank aangesien hulle aldrie skuldig was aan plagiaat in hulle publikasies
Intussen is daar by  ander universiteite  dosyne gevalle van plagiaat ontmasker.  Universiteite wat betrokke was is verder Stellenbosch, die Vrystaatse universiteit, Pretoria en Kaapstad.
Daar is dus rede tot ernstige ondersoek deur verantwoordelike mense na die  gruwelike misdrywe wat by universiteite plaasvind.  Dat die trotse  akademiese rekord van weleer op die oomblik ashoop-materiaal is, is seker debatteerbaar en  behoort verder vir ons gemeenskap  ‘n wekroep te wees om ons waardes en prestasie ernstig  onder die loep te neem.  Sou ons dan tevrede wees met ‘;n versugting:  Aag,  ons is mos in Afrika?  So what!!

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia