![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Top-Bestuur van Swakop-Verkeer Geskors Thursday 28th of June 2007 Die topbestuur van die verkeers-departement van die munisipaliteit is skielik geskors en die belasting-betalers moet maar net kennis neem daarvan. back Presies waaroor dit nou gaan, is blykbaar nie juis ter sake nie en gaan blykbaar die mense wat die salarisse betaal glad nie aan nie. PLUS gesels met belastingbetalers in Swakopmund en een na die ander se gevoelens is dat hulle nou waarde vir hulle geld soek en presies wil weet hoe die twee ervare, kundige amptenare so saam oortree het dat hulle gelyktydig geskors moet word. Die saak lyk nie so baie aanvaarbaar nie want die mense wil nie met die hoë belastings wat hulle betaal twee top-amptenare hê wat nou by die huis moet sit nie en dis glad nie duidelik watter vreeslike oortredings juis hulle twee gepleeg het om so gestraf te word nie. Kon daar nie met die manne oorleg gepleeg word en enige verwarring uit die weg geruim word om so die saak van die belastingbetalers wat altyd die rekening moet betaal, te dien nie. Op straat, in koffiewinkels en elders waar mense saamkom is die ontevre-denheid duidelik en mense wil beslis weet waarvoor hulle hierdie keer moet betaal. In Swakopmund is daar reeds talle pensionarisse en daar is vir hulle geen genade as dit by die betaalkant kom nie, maar die feit dat hulle nie waarde vir hul geld kry nie, is nou maar sommer tot daarnatoe. Daar word gespekuleer oor sogenaam-de ongerymdhede maar dis nie te se dat ongerymdhede bewys is nie en dat die skuldige werklik skuldig bewys is nie. Daar word hier ‘n persepsie ge-skep dat die plaaslike owerheid nie juis omgee of hulle kundige mense het om funksies te verrig nie want die belastingbetalers vir wie die dienste gelewer moet word, moet maar net tevrede wees met wat vir hulle opge-dis word Swakopmund is landwyd bekend vir sy uitmuntende bestuur en is loshande die beste bestuurde muni-sipaliteit in die land en daarom is dit moeilik om te glo dat twee sodanige senior manne hulle na soveel jare diens so erg sou wangedra om so ‘n skorsing te regverdig. Sou hulle dalk in ‘n hof-geding onskuldig bevind word, kan dit aanleiding gee tot verdere geldelike eise en dan moet die belastingbetalers maar weer net bekhou en betaal? Is dit hoe die saak werk? Hierdie geval is ‘n tipiese voorbeeld van waar die Swakopmund Residents Association wat daar is vir die belas-tingbetalers om na hul belange om te sien bereid sou wees om inligting te verstrek aangaande die personeelsaak. Dis noodsaaklik dat die inwoners baie meer kan gebruik maak van die orga-nisasie om gesprek te voer en navrae te rig aangaande munisipale sake. Elke inwoner het die reg om lid van die organisasie te word en om daar sy vrae te stel. Daarbenewens is die inwoners van die dorp ook uitgenooi om aan die einde van elke maand die Raad se maandelikse vergadering by te woon en kennis te neem van die be-sluite wat daar geneem word. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





