![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Friday 20th of July 2007 O die dans van die plastieksakke! Dis Oosweer in Swakopmund. Die sonnetjie steek, steek en pasop as hy jou buite vang. Die wind “sandblast” jou, sand tot tussen jou tande, in jou oe en jy berou die dag toe jy so fluks uit die motor klim om sake te verrig of inkopies te doen. back Platgedrukte kartonne vlieg en rol by jou verby soos versmaaide ridders by die dans. O die dans van die plastieksakke. Liggies trek hulle by jou verby en neem hulle plek in teen die heiningdraad nadat hulle die ridders van die kartondose versmaai het. Die ridders blaas die aftog in die middel van die straat en een na die ander motor ry daaroor. As jy weer jou oe oor die omgewing laat gaan, dan druk die swartgalligheid jou so half eenkant toe as jy wil wonder hoe die toekoms more sal lyk. Jy word so intussen oorweldig deur die walms van die vullishope so liggies op die windjie gedra. Jy soek na redes om die genadelose ooswind wat jou teister te regverdig en jou met die lewe te versoen Ja, miskien is dit soos die oumense se dat Swakopmund die opoffering moet maak en sonder kniee wat knak hulle man moet staan in die oosweer, want sien dis glo so dat die reen dan in die volgende seisoen gaan kom, ‘n seen vir ons almal en dan tree Swakopmund weer soos die helde uit die beproewing na vore , baie trots op hulle heldemoed vir die skuldlas wat hulle moet dra vir die hele volk. O, die dans van ons suster, die Ooswind! Eers oor die duine loer sy skelm. Maar weet dat sy jou nou-nou in haar volle glorie gaan tref. Opgee, sal sy nie. O, nee die Swakopmundsimfonie gaan voort. Die dirigent is in sy eie wereld en hy voltooi sy uitvoering met Allegretto con brio!!! Nooit stel hy sy gehoor teleur nie Die heiningdrade bewe in die Ooswind Allegretto con brio!!! |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





