Hentiesbaai

Friday 20th of July 2007
Vriende van Hentiesbaai
I/s: Hentiesbaai
Hentiesbaai het uiteindelik die voor-blad gehaal. Vir ‘n klein dorpie ‘n pre-stasie. Maar ‘n prestasie gebou op ‘n skande, en dit is ‘n groot skande.
Ons onthou die onopgeloste probleem i.v.m die onlangse verkoping van seefront erwe teen “dumping” prys, ons onthou die nuwe nie bekostigbare riool stelsel wat oor die koppe van die inwoners stilletjies op hulle afgeforseer is, ons onthou die bewe-ringe van korrupsie wat hoog geplaasde ampsdraers soos Asser Kapere en Erastus Negongo hiernatoe gebring het, ons onthou van gelde wat deur ampsdraers in ons munisipaliteit verkeerdelik ‘bestee’ was en ons onthou dat ons as burgers en betalers van rekeninge nooit terugvoering gekry het nie. Alles wat vuil is is net ‘onder die vloermatte geveeg’. Wat nou gebeur het, lees ons in die Republikein met datum 6.7.2007. Dit is ‘n ‘eerste’: Munisipale politici in die selle van die polisie, die Anti-Korrupsie-Kom-mitee het dit nodig gevind om in te gryp. Nou wat daarvan sal kom is die howe se saak.
Ons inwoners en die owerhede se saak is dit om te verhoed dat iets soortgelyk nie weer sal gebeur nie. Alles,in ons almal se mag,sal moet gedoen word om dit te verhoed. Aan ons politieke partye moet gesê word dat hulle hulle kandidate meer sorgvuldig moet uit-soek, aan die betrokke owerhede moet gesê word dat hulle meer aktief kontole moet toepas en aan elke burger moet gesê word dat hy as eie-naar van sy ‘dorp’ meer betrokke moet raak by dorpsake - Dit is ook deur sy eie onverskilligheid dat dinge so vreeslik negatief kon ontwikkel.
Te veel wat sleg is het al sigbaar ge-beur in die verlede, so veel dat deur swak bestuur elkeen se sak geraak word- Die inwoner se belange en sy finansies - word nie na wense behartig nie. Armes word armer, rykes sal nie ryk kan bly nie! Onthou dat dit net ryk mense is wat werk skep! Dit alles sal moet dringend verander, dit sloer nou te lank en aan die bose gevolge dra ons nou te swaar. Sonder skerp kontrole, sonder om totale rekenskap te eis, sal korrupsie en wanbestuur floreer. Dit is duidelik te sien - nie net in klein Hentiesbaai nie. Nie net in munisipaliteite nie, orals is dit een van die groot pestilensies van ons tyd.
Vir: Vriende in Hentiesbaai

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia