![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Pro-Ed het nuwe (manlike) Skoolhoof Friday 10th of August 2007 Pro_Ed Akademie se groot dag het aangebreek toe mnr. Christian Grobler die eerste manlike skoolhoof die week hier verwelkom is. (geen wantrouemosie in die vroulike voorgangers nie!)Vrydagaand is hy op ‘n pragtige geselligheid by die skool aan die ouergemeenskap sowel as die publiek bekend gestel. ‘n Mooi musiekspel is deur die leerders aangebied en daarna is die gaste getrakteer op ‘n smullekker ete. Mnr Hennie Verwey, wat ‘n reuseaandeel gehad het in die totstandkoming en bestuur van die Afrikaanse onafhanklike skool oor die afgelope anderhalf dekade, het ,mnr Grobler voorgestel en dis duidelik dat die skoolgemeenskap baie dankbaar is vir die voorreg om oor die diens van so ‘n ervare opvoedkundige te beskik. Mnr Grobler was die afgelope drie jaar verbonde aan die Moria onafhanklike skool by Outjo. Hy is ‘n persoon met goeie ervaring en die toekoms van onderwys is vir hom duidelik ‘n roeping en nie net ‘n werk nie. Die veilige begeleiding van ons kinders is vir hom die leidster in sy lewe. Pro-Ed Akademie huisves tans 47 leerders. Hulle neem gereeld aan sport deel saam met ander onafhanklike skole, en hulle vaar goed. Private onderrig in musiek en kuns is beskikbaar . Onafhanklike skole is by die ouers baie belangrik en in gesprekke met PLUS was dit duidelik dat hulle die beginsel beskou as lewensnoodsaaklik om gehalte-onderwys te beding. Die gemeenskap sal in die toekoms redelik baie herstrukturering van die leefwyse en die opvoeding moet doen want dis duidelik dat goeie beplanning van onderwys noodsaaklik is en daarby sal ook aandag gegee moet word aan die beskikbaarheid van gehalte onderwysers. Selfs al lei dit tot die opleiding van onderwysers, sal dit beslis nog ‘n aspek van onderwys wees waaraan die ouers sal moet aandag gee. Goeie wense vergesel Christian Grobler vir sy betrokkenheid by Pro-Ed Hennie Verwey en die nuwe skoolhoof, Christian Grobler |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





