Vaardigheid by Inbrake, maar...

Friday 17th of August 2007
Petra Hamman
Vaardigheid —  Ja daar is ‘n nypende tekort aan vaardigheid in die land wanneer dit by dienslewering kom.  Wanneer  tjeks deur die owerhede moet uitbetaal word, is die ewige rekenaars nou vandag af,  of so.
Maar as dit by inbraak kom, dan skit-ter die vaardigheid om ‘n kluis oop te breek of ‘n groot gat deur die dak te sny en alarmdrade professioneel af  te sny en bymekaar te vat  sodat die diewe nie by hul ambag gesteur word nie.  Hoe professioneel die diewe is, is  verlede naweek weer gedemonstreer toe diewe by Mica Hardware in Swa-kopmund ingebreek het, en ruim geskep het aan die goeie inname van die naweek.  Presies hoeveel die buit was,  was nog nie  vasgestel toe PLUS met die personeel gesprek gevoer het nie.
‘n  Gat is deur die asbesdak gesny om toegang tot die gebou te verkry.  Die groot swaar kluis is uit die kantoor gehaal en behendig oopgemaak,  waarskynlik met die gereedskap wat in die winkel verkoop word.
Die alarmdrade is baie korrek afgesny  by die een gat in die dak  Hulle het ook nie baie probleme ondervind om aan die agterkant van die gebou op die dak te klouter nie
Kontant en tjeks wat die kassiere Saterdag  ingeneem het is gesteel.  Daar is wel ‘n aanduiding dat dit ‘n bedrywige naweek was en  volgens die kassiere se beraming kon die skade aansienlik wees.
Die  polisie was op die toneel,  het vingerafdrukke geneem maar daar was nog geen aanduiding van wie die misdadigers kan wees nie.

Die swaar kluis wat die beroepsrowers met Mica se eie gereedskap oopgebreek het vir hulle buit

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia