Daar is weer Lewe in die Waterfront

Friday 17th of August 2007
Petra Hamman
Die waterfront in Swakopmund waar-van die ontwikkeling ‘njaar gelede tot stilstand gekom het, as gevolg van ‘n geldtekort,  het blykbaar nuwe lewe gekry toe  Alberts Investments van SA belangstelling getoon het.  Hulle het  volgens inligting van die muni-sipaliteit   ‘n aantal erwe suid van die huidige ontwikkeling van die  Swakop-mund Waterfront Property Co gekoop en ‘n hotel, wooneenhede en ‘n sakedeel word beplan. Geen marina word voorsien nie aangesien dit  die struikelblok in die weg van die vorige ontwikkelaars was.  So ‘n toevoeging sou net te veel koste beteken het en  kon hulle weer die gevaar loop dat die  projek gekelder word.  Daar is tans  ‘n heel nuwe  beplanning en die koste word geraam op N$200 miljoen. Daar word  voor-sien dat  bouwerk  teen April aan-staande jaar  kan begin en  in 2009 voltooi word.
Met ‘n heel nuwe plan en benadering  is die  beleggers meer tevrede met die lewensvatbaarheid van die  projek.

Met ‘n Suid-Afrikaanse belegger het daar nuwe lewe vir die Waterfront gekom... of is dit nuwe hoop?

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia