Stort ons die Afgrond af?

Friday 7th of September 2007
Petra Hamman
Namibie se vryval op wereldranglys.  Dit is hoofnuus op die dagblad.  Waarheen Namibie?  So be-skou die IMF die land in hul ontleding  Namibie stort die afgrond af.  Na-mibie gly net  by elke internasionale ontleding.  Die rede is daarvolgens die gebrekkige onderwys en opleiding, ondoeltreffend-heid en algemene swak prestasie.
Korrupsie is aan die orde en blou in die blom  Polisie en howe se gruwelike agteruitgang en gebrek aan enige hervorming op die sakefront  is afwesig.  Kortom, elke sisteem van  Regering verkrummel   Namibie is glad nie meer aantreklik vir belegging nie  Volgens die  Wereld Ekonomiese Forum se jongste mededin-gendheidsindeks pryk Namibie op die 88 ste plek uit128 lande.
Politieke beloftes aan die kiesers is van nul en gener waarde  Onderwys, Gesondheid, werkskepping soos  de hele spektrum van die volk se bestaan is aan flarde.  Wereldgehalte infrastruktuur soos hospitale skole krag en watervoorsiening is spoke uit die verlede.
Politiekbedryf  tower ‘n wereld van leuens  vir die  belastingbetaler / kieser op. Die demokrasie is ‘n leuen.  Alles is ‘n leuen.  Tragies maar waar is die feit dat  Phil ya Nangoloh van die NSHR ‘n patetiese poginkie aanwend,  na sy ervaring en kennis,  om die volk se aandag te kry.  Waar is sinvolle opposisie?  Ons het op die vlak ernstige behoefte aan debat en onderhandeling met mekaar.  Daar is geen gesonde opbouende politieke aktiwiteit nie.  Die amptelike opposisie veg soos kat en hond onder mekaar en klein ander splinteropposisie soos MAG en RP is stemme  klaende in die woestyn.  Die land het ernstig behoefte aan deelnemende, opbouende  opposisie wat alternatiewe kan  bring.  Kundiges wat nie belangstel  om die mag te gryp nie maar wel bruikbare bydraes kan lewer  om die land op koers te hou, word vanwee hul velkleur verjaag en uit die werkplek geweer
Dit kan dus niemand verbaas as die ekonomiese bedryf van die wereld die land uitstoot in die donker nie. Met die onafhanklikheid was die wereld opgewonde oor Namibie die glimlaggie op die gesig van Afrika.  Namibie die blou-oog babetjie van die internasionale wereld……..  En nou?
Iets moet  met politieke wil en oortuiging gedoen word om uit die vallende murasies  op te staan.  Korrupsie moet wel bekamp word,  dit moet nie net belowe word nie  Die onderwysplan  (etsip) moet in realiteit verskyn en toegepas word.  Daar moet eenvoudig meer sinvolle politiekbedryf en besluitneming plaasvind en vaardighede moet nie langer deur die verlammende kleurbril gesien word nie... -  Parlementslede moet hul sout werd wees en hul plek verdien nie deur sy comrade-skap nie maar deur sy vaardigheid want om die huidige spookhuis terug te bring en bewoonbaar te maak sal baie insette vereis

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia