Swakop BOU - dis byna onwerklik

Friday 14th of September 2007
Petra Hamman
Ons bou in Swakopmund.  Huise, woonstelblokke verrys teen ‘n  tempo wat ‘n mens verstom.  Die uitbreiding na die noorde van die dorp is byna onwerklik.
Maar baie vrae ontstaan terselfdertyd. Die  geboue is nie effentjies nie, nee, paleise, toringtranse.  Of is dit net baie modern?  Die geboue wil ook voorkom of dit by die klimaatstoestande aangeas word om die onderhoud  te vergeaklik.
Dis nou hier waar die knoop le.  Daar word baie gebruik gemaak van teels wat glo die elemente weerstaan.  Dis groot woonstelblokke waarvoor verf sekerlik redelik duur sal wees om dit in Swakomund  in  stand te hou en jaar vir jaar te verf.
Nou gebeur dit dikwels dat die teels  op ‘n dag eenvoudig  net padgee en afstort soos in ‘n  tsunami-ramp.  Dis skrikwekkend en natuurlik ook ‘n veiligheidsramp.
Mense vra natuurlik  Hoekom?  Is die ambagslui in die dorp nie opgelei vir die boutaak nie?  Word daar in Swakopund minderwaardige materiaal verkoop? Is die beskikbare bouambags-manne net nie opgewasse nie?   Waar het hulle hul vak geleer?  Of is hulle dalk maar van die straat af aangestel? Miskien verrig ‘n goeie voorman wondere?  Of is daar nie kundige toesig oor die werk nie?
Die  hele fiasko beland dan gewoonlik in die  skoot van die ontwikkelaar.  Hy moes mos geweet het wie hy aanstel om die werk te doen.  En daarby was alles mooi in plek toe hy die gebou afgegee het.  Maar tog te gou kom die klein jakkalsies uit.
Veiligheidsmeganismes soos slotte en intercom, alarms en ligte werk nie.  Die  gerieflike  motorhuisdeur wat ek met die afstand beheer tot gehoor-saamheid dwing,  die staak net wanneer hy wil, kompleet soos ‘n vakbond in die moderne tyd. ‘n Vakman moet kom help  maar waar kry ek hom?  Hoe sal hy my verlos van my nood?  Ek klim in die hysbak en net toe ek wou uitstap toe steek hy vas soos ‘n steeks donkie van ouds.  Nou hoe nou?  Selfoon kan nie help nie,  nie ‘n sein nie!!  Nou wie het nou ‘n sein?  Wie het ‘n plan?  Is daar sulke ridders in Swakopmund wat  jou red uit hierdie nood?
As jy nou nog jou huis of woonstel moet beskerm teen die skarminkels of pes wat in die donker wandel en wag om jou aardse dingetjies vir hulle te vat,  hoe dan nou?  Moet ‘n mens maar vir jou ‘n goed opgeleide spook  rondom jou huis en haard aanhou,  hom saggies aanspreek en glo hy kan jou goedjies beskerm?  Moet jy sorg dat hy genoeg tyd kry vir staak?  Ja dis so vandag se spoke staak ook.
Die vrae by die huiskopers en woon-stelbewoners bly maar baie.  Kom die munisipaliteit vir ons inspeksie hou om te bepaal of die bouwerk en afwerking vir ons gaan staande bly?  Is daar genoeg geleentheid vir die hande wat wil bouwerk doen om te leer en reg te leer?  Is die loodgieters, elektrisiens  timmer-manne en al die ander hande wat nodig is om te sorg dat plafonne en pype en luike  en waterkrane reg  soos in reg is? Wat van die warmwaterapparate? Sit hulle daar waar hulle moet sit?  Is jou woninkie geverf of geteel?  Sit jou teeltjies vas soos in vas.  Hulle sal nie op jou kop val nie?  Voel jou argitek lekker oor die geboorte van jou plekkie?
Ambagslui,  wil julle nie maar julle handwerk betrag nie en seker , ja seker wees  jy weet hoe? Asseblief tog in die naam van al die ouens wat  bougeld by die bank skuld!

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia