![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Saturday 22nd of September 2007 September is ‘n maand van beproewings vir die Afri-kaner. Dr. Verwoerd word in die parlement vermoor in daardie stormagtige tyd van apartheid op ‘n hoogtepunt. Op 12 September dertig jaar gelede sterf Steve Biko swart bewussynsleier en skrywer van “I write what I like” in die gevangenis waar hy onder die metodes van die poli-sie van daardie era moes deurloop. - Hy was ‘n denker en leier onder sy mense en waar die Afrikaner vandag baie vrae moet beantwoord en sy jeug baie vrae moet stel, was die dood van so ‘n man ‘n groot verlies vir die land veral waar ons met die ewige pandemie van rassisme besmet is. Steve Biko het toe reeds besef dat die openlike, eerlike openbare debat die enigste rigting is om te beweeg as die land ‘n opregte oop nie-rassige bedeling wil bereik waar daar rasseregverdigheid vir almal sal kan beding word. back ‘n Nuwe bedeling van demokratisering is sogenaamd bereik na staatkundige onderhandeling tussen die betrokke rasse-groepe en partye by Kemptonpark. ‘n Meer lompe vertoning op staatkundige gebied waar die voortbestaan van die land beredeneer en beslag gegee is, kan ‘n mens jou seker nie voorstel nie. - Leiers met insig en kennis en versiendheid het ernstig kortgekom. Daar was glansend geborduur aan ‘n prentjie van die reenboognasie wat sou ontstaan. Die heuglike jaar 1994 het die verkiesing gebring en die land soos ‘n donderslag getref. Sy mense, nie swart nie en ook nie wit nie was voorbereid op wat sou volg nie en sedertdien is SA sowel as Namibie geteister deur die pes van rassisme. Daar is geen intelektuele debat nie, daar is geen moont-likhede geskep vir gesonde en opbouende ontwikkeling van die bevolking nie. Madiba het verskyn as Ikoon en Engel op die horison en met sy wysheid was daar in die warboel wel ‘n bloedlose oorskakeling na swart meerder-heidsregering. Dat Madiba leierskap gebring het soos die land in sy geskiedenis nog nooit beleef het nie is werk-likheid. - Maar daar kon meer sodanige leierspersoonlikhede na vore getree het. Dis hier waar Steve Biko wel ‘n rol kon speel want in sy beskouinge het hy wel die kern van die samelewing van swart en wit in die toekoms probeer deurgrond. Hy het die tragedie van materiele sowel as geestelike armoede van die reuse swart bevolking onder apartheid tot spreke gebring en gewys op die gevare waarop die gemeenskap afstuur. Die tyd het aangebreek om met al die toerusting tot die hele bevolking se beskikking na vore te kom en oplossings te soek om wel te probeer om ‘n regverdige bedeling tot stand te bring vry van rassisme. Die Waarheid en Versoeningskomitee was ‘n poging in die rigting om versoening te bewerkstellig maar die gebeure het nie daarin geslaag om tot die kern van die gemeenskap se wrywing en problematiek deur te dring en het insekere opsigte soos by voorbeeld die ondersoek na die dood van Biko nie geslaag nie en die moontlike werktuie waarmee werk aan versoening gedoen kon word, is nie na behore benut nie. Steve Biko het wel beskik oor vele insigte en werktuie wat benut kon word om die versmorende rassisme te beredder. Een saak is duidelik en staan soos ‘n paal bo water. ‘n Oop debat om gemeenskaplike respek en vertroue te bereik moet dringend plaasvind en bevorder word sodat die diversiteit wat bestaan in sy kern kan tot spreke gebring word en meer begrip van alle kante gekweek kan word. - Indien Biko se werk met meer begrip benader was en nie net bloot as rebellie onderdruk moes word nie, sou hy ‘n beduidende bydrae tot die oop gesprek kon maak. Intellektuele leierskap was in die sewentiger jare baie beperk en daar kon Biko wel met sy toerusting ‘n “Madiba”-rol help speel het. Sy ideaal was in elk geval “ that we all arrive at the glittering prize of a true humanity”. Hy het ook die boodskap aan die volk gehad hoe om daar aan te land maar sy ontydige dood het die land daarvan weerhou. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





