![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
MAG: Dringende beroep op die Regering Saturday 22nd of September 2007 Tydens die Algemene Jaarvergadering van Monitor Aksiegroep, watr gehou was op 14 September 2007, is onder meer besluit dat die vergadering met teleurstelling kennis geneem het: back (1) dat die regering van Namibië gedurende die afgelope 17 jaar, selfs nog nie een keer ontvangs erken het van besluite van ‘n jaarvergadering van Monitor Aksiegroep, wat by wyse van ‘n skrywe of persverklarings, aan die regering deurgestuur was nie; (2) dat die veral besluite oor foutiewe en onkonstitusionele toepassing van regstellende aksie sowel as die onregverdige formule vir die toekenning van partyfondse bettref; (3) dat die President en die Parlement deur wetgewing verskans is teen optrede deur die Ombudsman. En derhalwe besluit om weer eens ‘n dringende beroep op die regering te doen: (1) om ‘n objektiewe regsmening te kry oor die grondwetlike vereistes vir die korrekte toepassing en bewoording van wetsbepalings vir regstellende aksie; (2) om vir die doel die verbatim notule van die Subkomitee (1989-1990), wat vir die bewoording van Namibië se grondwet verantwoordelik was, openbaar te maak; (3) om dringend die formule vir die toekenning van politieke partybefondsing deur die staat deur ‘n objektiewe komitee te laat hersien. (4) om onmiddellik politieke partye te verplig om jaarliks geouditeerde state in te handig oor hoe fondse ontvang van die staat, vir die bevordering van demokrasie, aangewend is. (Sover bekend, is dit nog net Monitor Aksiegroep wat ooit sedert die uitbetaling van partyfondse by geleentheid ‘n geouditeerde staat ingedien het.) Daar is verder besluit om met dank kennis te neem dat die Ombudsman onderneem het om indien die nodige fondse beskikbaar is, ‘n regsopinie te kry of Art. 3 van die Ombudsmanwet No. 7 van 1990, die Ombudsman te wettig om te onderhandel of te bemiddel insake die aktiwiteite van die Parlement. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





