Dierbare “Stadtmitte” in Swakopmund

Saturday 22nd of September 2007
Petra Hamman
Stadtmitte in Swakopmund is besig om homself aan die land bekend te stel.  Hy dra ‘n paslike naam want dis hier waar  sakebedryf met die geboorte van Swakopmund  begin kruip het en later sy eerste treetjies min of meer  gegee het.
Stap gerus deur Stadtmitte en jy bevind jou die een oomblik voor die radiostasie  en dan weer  sit jy gesellig aan die koffietafel by  Treffpunkt se koffiewinkel wat weer ‘n storie kan vertel van lank-lank gelede  was daar……….
Jy sit hier  onder die sambreel in Swakop se sonnetjie en sien hoe Treffpunkt deurloop tot in die hoofstraat daar anderkant.
Die winkels op grondvlak bring vir die besoeker  allerlei mooi, van  eksotiese blomme tot die vrolikste kinderkleertjies wat deur snipperige modelletjies vertoon word.  In hierdie klein kinderwereldjie is jy vasgevang deur soveel mooi  en die mooi wil jou net nie los nie voordat jy nie jou spruitjies  in jou verbeelding  sien spog in die plek van die modelletjies nie.
Aandenkinge vir die besoeker is ook  op hierdie vloer en ‘n indrukwekkende  damesverleiding is net om die hoek waar Miladys jou verras met smaakvolle , modieuse klere en glo dit gerus, teen pryse wat  mej.  Jonk en Mevrou Bietjie Ouer kan bekostig.  Netjiese diens van die personeel laat jou sommer volgende naweek weer terugkom vir nog  ‘n bietjie bederf
Hysbak op of bietjie trappe klim,  bring jou op die volgende vloere waar verskeie beroepslui hul kantore het en daar ook  aantreklike  woonstelle is.  Om hier te woon  bring vele voordele aangesien jy binne trefafstand is van jou benodigdhede.  Benewens ‘n gerieflike stappie om sake te verrig, is daar die kosbare bonus om ‘n  verstommende uitsig dwarsoor die dorp te he.
Annatjie van der Merwe wat een van die eerste inwoners daar is, geniet die pragtige uitsig op dieWoermann toring wat jou  gedagtes terugvoer na daardie pioniers wat ook hulle “Stadtmitte” meer as ‘n eeu gelede daar gebou het.  Dit is hierdie momente wat jou so intens bewus maak van die pad wat hierdie dorpie deur die tyd geloop het om vandag ‘n pragtige gerieflike klein stadjie te word.  Die eerste   Europeers wat met hulle klein skippies hier geland het en uit lowergroen velde en woude gekom het, het nie gevlug vir die bedreiging van duine en woestynsand nie.  Hulle het hier te midde van die niks hul wortels geanker en skouer aan die wiel gesit en een eeu later geniet ons die vrug op hul arbeid en opoffering
Vir hierdie deursettings-vermoee kan PLUS hulle  ‘n waarderende handdruk gee en miskien ‘n boodskap dra om hul erfenis te huldig.
Swakopmund is trots op sy ontwikkelaars wat  die stad ontwikkel en van sakesentrum tot reuse woonstelblokke, moderne  woon-gebiede en mediese geriewe tot stand bring.  Dikwels moet hulle hul taak verrig met ‘n tekort aan goed geskoolde arbeid, maar die tegniese skool NIMT  buite Swakopmund, hou belofte in om  binnekort  in hierdie behoefte te voorsien met hulle oplei-ding. Ten spyte van  arbeidprobleme en tekorte aan vakmanskap, was ontwikkelaars in gesprek met PLUS positief ten opsigte van verdere uitbreiding.  Met die mynbedryf wat  reuse uitbreidings beoog, sal Swakopmund waarskynlik  aan etlike honderde werknemers huisvesting moet verskaf wanneer  die mynbedryf in produksie gaan.
Ja, in Swakopmund word gebou!!

Ingang tot "Stadtmitte"

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia