Nujoma bly Unieke Verskynsel op Vasteland

Saturday 6th of October 2007
Petra Hamman
Die Swapo-kongres wat op hande is, word bestempel as ‘n waterskeiding.  Die kongres is geskeduleer vir 27 tot 30  November en daar is reeds  verskeie voorbereidende vergaderings van die party, hetsy politburo of andersins gehou. Dit is asof die rege-ring byna tot stilstand gekom het in afwagting van die Kongres.
Daar is na die onlangse politburo-ver-gadering  berig dat mnr Sam Nujoma  nie by die aanstaande kongres be-skikbaar sal wees om as kandidaat te staan vir die president van Swapo nie.  So is onduidelikheid omtrent sy leier-skap in die party  uitgeskakel. Daar word beweer dat hy  te kenne gegee het dat dit ‘n groot voorreg was om as staatshoof sowel as president van Swapo te dien en dit is nou sy wens dat  mnr Hifikepunye Pohamba verkies word.
Daar is egter nog geen duidelikheid of mnr Nujoma dalk die posisie van  nasionale voorsitter sal aanvaar nie.  Hierdie  pos sal dan weer in werking gestel moet word, en dit beteken dat  die Swapo-kongres hul grondwet sal moet wysig om voorsiening te maak vir die  nasionale voorsitter met die funksies wat aan hom opgedra word.  Gondwetwysigings is ‘n groot saak en dit kan nie sommer maklik gedoen word nie, maar daar is glo daaroor reeds bespiegel.
Sou die stigterspresident die pos as nasionale voorsitter aanvaar, beteken dit dat hy wel nog seggenskap in partysake sal he en dat sy stem dus nie stil is nie
As die leier Sam Nujoma uit sy eie besluit het om op die genoemde wyse soos dit ‘n ware demokraat betaam, van die mag afstand te doen, is dit baie goeie rede vir die volk om hom as die Vader van die Volk te huldig en aan die staatsmanne van Afrika voor te hou as een van die grootstes in Afrika. Daarmee saam gaan die feit dat dit die naam van die land in die demokratiese wereld  sal verewig  as  draer van die demokrasie in Afrika. As daar ‘n vreedsame kalm oorgang  van mag na sy opvolger plaasvind,  dan is Namibie se naam gevestig  as draer van die demokrasie op ‘n vasteland waar die ge-eerde  staatkundige begrip maar moeilik afgaan. Dit sal selfs RSA die loef afsteek as daar gekyk word na die ongure opvolgdebakel wat daar dreig. 
En dit sal die verdien-ste  van die “voor-malige”  of stigters-president wees. ‘n Een-malige en unieke  ver-skynsel in die vaste-land wat  voortdurend diepe lyding ervaar vanwee sy ewige stryd en burgeroorlog
Daarom sal Sam Nujo-ma nou volksbesit word en hopelik word die geleentheid vir oop en vrye debat van die hele bevolking so gestimuleer.

Die argief-foto wys Swakopmund se burgemeester Daniel Kamho en destydse President Dr Sam Nujoma

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia