![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Bittereinders-Argief (vir die Toekoms) Friday 20th of June 2008 In die eerste uitgawe van Monitor Aksiegroep se “Omsendnuusbrief” van 2008 het die Voorsitter van die Selfhelptrust van Na-mibië, Koos Pretorius, gewys dat die Suidwes-terkersfonds omstreeks 1990 dormant geraak het. Hy skryf verder: “Danksy die bemoeiing van mnr. Piet Hamman, het hy, sonder enige erkenning, op die neseiertjie gesit en broei. Anders as die kor-rupte era waarin ons ons tanbs bevind, kon hy dus ‘n paar “kuikens” aan ons oorhandig toe ons begin het om onder ons vlerke by-mekaar te maak wat nog sigbaar was. back Vroeg in die negentigerjare het ons dan ook die Suid-westerkersfonds, streng volgens sy konstitusie, uitfaseer en oorgemaak aan die Christelike Aksie van Namibië, naamlik CAN. Nou was dit weer ons wat begin woeker het en gesorg het dat daar jaar-liks deeglik geouditeerde state opgestel word van CAN se finansiële bedry-wighede. Die afkorting, CAN, het egter vir ons al meer en meer probleme besorg. Uiteindelik, toe vasgestel is, dat daar in Namibië nie minder as tien instansies was met die afkorting CAN nie, het ons die koste aangegaan om ‘n trust te registreer, naamlik die Selfhelptrust. CAN en die Selfhelptrust het oor die afgelope agtien jaar tussen N$ 1 700 000 en N$ 2 000 000 aan sub-sidies uitbetaal aan ver-dienstelike organisasies en veral privaatskole wat, volgens die tersaaklike grondwet, gekwalifiseer het en by NAVCO gere-gistreer was.... Ongeveer agtien maande gelede het ons begin om met die Windhoekse Muni-sipaliteit te onderhandel oor ‘n stukkie grond wat grens direk aan die Bitter-eindersmonument. Dit is net Wes van die Her-vormde kerk geleë, langs-aan die klein padbrug oor die treinspoor. Dit is ook net suidwes van die Wern-hil kompleks. Dit wil sê dit is basies die sentrale punt van stad Windhoek.“ In Desember 2007 het die Munisipaliteit toegestem dat die stukkie grond aan die Selfhelptrust verkoop kan word. Nou word daar gewag vir die opmetings en die rioolaansluitings. Maar teen die middel van 2009 behoort die bouwerk te be-gin. Vireers gaan ‘n argief ontstaan. Mnr Pretorius: „Ruimte en finansies gaan ons nie op hierdie stadium toelaat om ook aan ‘n museum te dink nie, maar dit bly ‘n toekomsdroom Ons versoek is dus: Asse-blief, maar groot asseblief, bewaar alle ou dokumente en museumstukke.“ Volgens bouplanne sal die argief uit drie dele bestaan: twee onder (met elk ‘n eie brandkamer) plus drie kantore, ‘n navorsingsaal (ook geskik vir klein by-eenkomste), leeskamer(s) en ‘n opsigter-woonstel. Daar sal ook parkeer-ruimte, toilette en ‘n kom-buis wees. In die gange wat 2 tot 4 meter breed gaan wees, kan maklik byko-mende rakke ingesit word Die argief wil graag doku-mente huisves wat vir na-slaandoeleindes geskik is. Mnr Pretorius: „Ons, die Afrikaner, het mos nie ‘n tradidionele owerheid nie, maar ons is wetlik gemag-tig om die kulruureie te beskerm. Tans kry die vier B-groepe nie subsidies van die Regering nie (Basters, Bruinmense, Boesmans, Blankes, d.Red.). Nou doen ons selfhelp, al gaan die kultuursentrum aan die begin nog nie groot wees nie. Dit sal die geskiedenis van Blankes, in besonder van die Afrikaner, omvat. Tot dusver is sulke doku-mente veral in Suid-Afrika vergader vir eie geskie-denis navorsing. Die UOVS het bv ‘n instituut vir eietydse geskiedenis waar alle dokumente van politici uit Suidwes beskik-baar is. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





