![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Tuesday 1st of July 2008 Hierdie boek was nodig! Die historiese opstelle deur Professor E.L.P. Stals wat as gevolg van ‘n projek van die Selfhelptrust aangepak is, voldoen aan ‘n groot leemte. Selfs vir mense wat nie werklik in geskiedenis en hul eie historiese agtergrond belangstel, bevat gierdie bundel ‘n skat aan inligting en veral interessante foto-materiaal. Dit klink dus reg, as die uitgewers ‘n Engelse weergawe belowe wat oor ‘n paar maande sal verskyn. back In sy voorwoord skryf J W F (Koos) Pretorius: „Kwaadwillige karika-tuurbeelde is duiwelswerk, en wie moedswillig by ‚n karikatuurbeeld van andere lewe, is skuldig voor God. Tog moet ‘n mens jouself afvra hoe ander mense aan hulle spesifieke karika-tuurbeeld van jou kom. Karikatuurbeelde is nooit heeltemal hefantaseerde beelde nie. Hulle is wel skewe beelde, omdat hulle bepaalde trekke van ‘n persoon buite verhouding vergroot ten koste van andere. Maar hulle het ‘n bepaalde waarheids-grondslag nodig om te kan ontstaan.“ Stals poog - en hy slaag beslis goed daarin - om enkele fasette uit die ver-lede van die Afrikaner te verduidelik. Dit begin in die 19de eeu, toe Afrikaners hulle in Suidwes-Afrika begin vestig het. Interessante leesstof is die beknopte kronologie vanaf 1738 met ‘n foto van 1906 „die Boerekamp by Lüderitzbucht“. En het u geweet dat vanaf 1926 tot 1978 al die administrateurs Afrikaners was? Of dat die Suidwes-Afrikaner deur die VNSWP (‘n samesmelting uit Nasio-nale Party en Suidwes Party) gestig is. Sy eerste redakteur was ‘n (22-jarige!) kêrel wat ‘n Duitse vader en ‘n Engelse moeder gehad het: Ernst Allister Schlengemann. Wie sou verwag het dat hierdie koerant in Oktober 1929 reeds onder die jongmense invlieg: „...een ding wat my gedurig ginder en vererg, en dis die gewoonte van die jong Afrikaners hier om hul moedertaal te besoedel deut gedurig Engelse woorde daarin te gebruik“, skryf „Oom Piet“, wie se dogter „nou in ‘n ‘office‘ werk en ‘jam eet“. ‘n Kostelike stukkie! Lees maar self ... Die versameling van opstelle gee insig in die historiese ontwikkelinge, kulturele hppgtepunte en selfs die geskiedenis van Afrikaans in Namibië. Die eerste sensus onder Suid-Afrikaanse bewind het bv. in 1921 plaasgevind en toe was daar uit ‘n totaal van 19 348 blankes 5 641 persone wat slegs Afrikaans kon praat, 2 065 wat slegs Engels kon praat en 5 750 wat albei tale magtig was. 5 892 persone was blykbaar hoofsaaklik Duitssprekend. ‘n Belangrike deel van die boekie ondersoek hoe die Engelse en Duitsers na die Boere gekyk het en hoe goeie betrekkinge tussen Afrikaners en Duitsers gedurende 1884 tot 1915 ontwikkel het teenoor die Engelse. Minder bekende feite tree te voorskyn in ‘n opstel oor die Anglo--Boereoorlog en dan oor die Mandaat „wat eintlik nie vir Namibië bedoel was“ nie. Na mens die boekie gelees het - en veral die stukkies oor kultuur, toneel en musiek - kan niemand beweer dat dit enigsins vervelig is nie! Stals het ‘n besondere sin vir humor en dit skemer deur waar hy die pogings van die „Afrikanerkring“ onder die vergrootglas plaas! Maar wie kan ooit vergeet watter rol Uniedag (ook Volksdag genoem), Kerk-basaars, nagmaal, boere-verenigings en Dingaans-dag gespeel het! „Selfs politieke vergaderings het by sulke geleenthede aansluiting gevind“, skryf Stals - en die beelde duik weer op uit die gryse verlede. Herinneringe aan daardie tyd en ons jeugdae, toe die feeste besoek is met o.a. donkiekarre. Veral Dingaansfees - later Gelof-tedag - het ook gespreek van die behoefte om deur toesprake ingelig te word - by gebrek aan koerante en moderne media soos tele-visie en radio-diens. ‘n Mens het baie simpatie en meegevoel vir die Trek-kers, die Angola-Boere en - selfs die sportkomitees wat in hierdie deel van die wêreld ‘n bestaan uitgekerf het - en hulp sowel as morele ondersteuning uit Godsdiens kon haal, want „Geloof sy God met diepst ontsag, Hy overlaadt ons dag aan dag met syne gunsbewysen“. Prof. Stals het reeds ‘n ongepubliseerde manuskrip voorberei oor die vertrou-like organisasie AB (Afrikaner-Broederbond). Dit is dus verstaanbaar dat ‘n hele hoofstuk aan die AB gewei word wat op 10 Maart 1990 in Namibië ontbind is. Ook hierdie inligting is baie, baie belangrik - en interessant! Stals self beweer: „elkeen van die temas verdien heelwat verdere ondersoek en besinning“, maar vir mense wat toegang tot die verlede soek is die boekie ‘n waardevolle vertrekpunt en bron van feite en stories. Wat miskien nog belang-riker is: Nuwe vrae kon-fronteer die gemeenskap van vandag, maar sommige ou vrae bly relevant. So ook die vraag: „Wie is jy?“ - en die opstelle dra definitief daartoe by dat die antwoord makliker word. ‘n Verdienstelike projek wat hier deur die Selfhelptrust aangepak is! |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





