![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Friday 18th of July 2003 Swakopmund se eie hotelskool is besig om sy stem te laat hoor. Hier aan die oewer van die Swakoprivier met ‘n blik op die Namib se duine, kan jong Namibiërs vir hulle ‘n interessante loopbaan in die hotelwese kom uitbeitel. Die missie van mev. Greyling , mev Tholkes en hulle personeel is om Swakopmund se ou vriend uit die verlede, die Rossing Country Club om te tower in ‘n moderne opleidingsentrum om die Toerismenywerheid van die land op die hoogste sport van doeltreffendheid te plaas. Daar sal hoofsaaklik gefokus word op beroepsverwante opleiding en veral jong studente wat die toewyding en belangstelling het, kan reeds van graad 10 af hier hul onderrig ontvang met die versekering dat daar vir hulle in die arbeidsmark ‘n plek is. Studente sal hier saam met hul hotelskoling kan vorder tot universiteitstoelating indien hulle dit verkies. Dit is duidelik dat die behoefte van die student en die hotelwese hier op die voorgrond is. Aan die einde van graad 12 sal die Cambridge HIGCSE/IGCSE eksamens afgelê word Die student sal nie net voorsien word van handboekteorie nie maar daar sal praktiese ervaring wees in die talle vooraanstaande hotelle, restaurante en lodges in die land. Daar sal aan die einde van die studie ook geleentheid vir buitelanse werkervaring geskep word deur die kollege. Na ‘n jaar buitelandse ervaring sal die diploma toegeken word. Studente wat reeds graad 12 voltooi het, kan ook aansoek doen en hulle sal hoofsaaklik konsentreer op Hotel en Sakebestuur, Rekeningkunde, Rekenaarstudies en Duits en Afrikaans indien hulle nie reeds die vakke vir graad 12 gedoen het nie. Daar is ‘n groot verskeidenheid studierigtings beskikbaar en dit sal die potensiële student loon om te gaan besoek aflê en vas te stel of hier nie dalk die moontlikhede vir sy toekoms is waarna hy soek nie. Dat die ou bekende Rossing Country Club met al sy sportfasiliteite en geleenthede op so ‘n waardige wyse weer opstaan is ‘n lofwaardige prestasie en die personeel wat hierdie groot uitdaging aangepak het, is beslis besig om vir die jeug van die land deure oop te maak. Swakopmund is trots op sy hotelskool wat sy aanspraak op toerismebestemming bevestig. Belangstellendes kan gerus by tel 064 413900 ‘n afspraak maak en gaan kennis maak |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





