![]() |
![]() |
|||||||||||||||||
|
Wednesday 9th of July 2008 Die tyd het aangestap en verandering (nie altyd ten goede nie) vind oral plaas. Alles moet aanpas by die nuwe tyd. Van die oorlosie tot die taal tot ons dorp se stadsdwapen en nog vele meer back Ja die stadswapen wat sedert 1972 vir die inwoners gespreek het, moet nou by die tyd aanpas en spreek namens die inwoners. Die nuwe bedeling sal spreek tot die volk en nie enige kulturele groep nie. Eerstens sal die vorm wel voortleef maar die bekende ou drie-doring bos sal moet wyk want dit het die Europese tale verteenwoordig. Hierdie element sal waarskynlik vervang word deur ‘n natuurelement soos die welwitschia. Die vuurtoring en die kaserne sal nog behou word. Hierdie landmerke is vir ons die hart en siel van die gebied en spreek ook van die erfenis wat deur die voorgeslagte nagelaat is. Dit spreek van arbeid, deursettingsvermoe, hoop, trots en toekomsvisie. Diegene wat hier onthou word, het doelwitte bereik en ‘n woestyn getem om ‘n moderne leefwyse vir hul tyd te vestig. Die prestasies van die voorgeslagte, hulle beproewings, sukses en mislukking het ‘n onskatbare erfenis agtergelaat. Die geliefde vuurtoring van Swakopmund sal hopelik nog lank die simbool van ‘n goeie toekoms vir die bevolking, vir al die kultuurgroepe beteken. Die Duise koloniale kleure swart , wit en rooi sal ook vervang word deur Namibia se nasionale kleure. Die leuse van die stad, Providentiae Memor sal ook behoue bly en hopelik nog vir samebinding en vooruitgang dien. Die veranderinge sal dan nou in die komende maande aangebring word en die inwoners sal hulle sekerlik met die veranderinge moet vereenselwig ten einde gesonde samewerking in die toekoms te verseker. |
|||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||





