Ampie, Oorle en die Stad se Wapen

Wednesday 9th of July 2008
Petra Hamman
Oorle sit vanmore daar in die hoekie van die tuin onder die groot boom.  Dis sy  ou plekkie van troos as hy vermoed sy ou hartsgenoot het kommer.  Die kombuislig brand nog nie en die koffie-water het nog nie gekook nie.  Daar is fout.  HY sal maar sy  ou neus deur die venster steek, net so effentjies en probeer vasstel wat skort vanmore.
Ampi is daar doenig maar die regop skouertjies wat altyd die wereld in die oog kyk, hang vandag. Hy se mooi more soos dit’n rygeriefie en boesemvriend betaam en dan kom die woorde sommer. Ja dis nou  werklikheid.  Die stad se kenmerkende trotse wapen moet swig onder die nuwe tyd.  Soos hy die mense-dinge verstaan het, vertel die wapen die storie van die trotse voorouers en hier gaan hulle nou ‘n hou op die kop kry.  Maar dan dink hy,  hy wat ‘n esel is het so goeie rapport met die hoogwaardige stadsraad en miskien kan hy ‘n woord inkry.
Maar Ampi is nie baie opgewonde oor die eselspoging nie.  Hy is sommer suur  en se dat hy moet eers wys waar het die esels al sulke volksake beredder. Oorle is nie dom nie en hy wys met oorgawe daarna dat die geliefde ou vuurtoring nog met vreugde sy lig uitstoot oor die dorp en die oseaan.  Hy dink aan die gevleuel de woorde: “My doodkry is min”  Wat ‘n troos die lig skyn darem nog.  En wat ook ‘n saak van troos, is dat die ou Kaserne,  simbool van verdienste sy  ou plekkie ook in die lewe verder kan volstaan en die volk bemoedig om die  nuwe tyd  (miskien is oorlosies agter)  die hoof te bied en die kaserne van die lewe op te bou.
Wat die tale en die kleure betref het Oorle nie ‘n saak nie.  Wie kan taal se stroompie opdam of toegooi?  Ons het mos baie tale.  As die een moeg is vat ons  sommer ‘n nuwe een en dan die kleure van die reenboog het so wyd al gestrek dalk kom hier by ons bietjie kleur soos rooi, blou  groen oor die innige ou sandwoestyn val  Wie weet alles is moontlik.  Gee net die esels kans om ‘n woordjie in te kry by die ouens wat die lakens uitdeel  (as daar nog lakens is)
Oorle ruik  die kofietjies is aan die gang en dan is sy  ou genoot,  ag vanmore is hy sommer  sy  ou huigenoot,  weer soos vanouds reg vir die dag met sy sake wat diep op die hart druk.  Oorle weet nie so mooi nie maar hy wil sommer ‘n vrolike liedjie van die volk aanhef soos  Kennt gy dat Volk vol heldenmoed.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia