![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Wednesday 23rd of July 2008 Vanaf 10 tot 12 September sal daar weer ’n Skou op Otjiwarongo wees. Die Paresis Expo is ’n ge-meenskapsorganisasie met die doel om die voormalige Otjiwarongo Skou tot nuwe hoogtes te ontwikkel. Die nuwe komitee, in same-werking met die dorpsraad, is gemotiveerd om vanjaar se expo ’n groot sukses te maak. back Inwoners van Otjiwarongo sien reeds uit na die fan-tastiese vermaaklikheids-program wat die volgende insluit: Pretpark, narre, verskeodenheidsvertonings, hondeskou, perde, dansers, sangers, vuur- en kragver-tonings, Avalon, Go-Karts, Stunts, 4x4 Bikes ens. Terwyl Sunny Boy en ander kunstenaars (Stella Phurra, J. Behr) in die biertent die poppe sal laat dans, is daar ook die Duitse biertent met ’n Okto-berfees-atmosfeer. Die Boeretent sal ook deur die hele skoutyd verversings en heerlike etes aanbied. Die Gala-dinee is die formele aand om na uit te sien, begelei deur ’n musiek-vertoning van Trio Femi-nale. In die Lewende Hawe afdeling sal ’n slagos-kom-petisie, kleinvee-kompe-tisie en ’n ras-tentoon-stelling aangebied word, met ’n verskeidenheid van toesprake oor verskillende onderwerpe soos tuinmaak, vleisverwerking ens. Daar word voorsiening ge-maak vir ’n vermaak-likheidssaal waar kinders onder toesig kan baljaar, terwyl die ouers aan ander aktiwiteite deelneem. Die industriële sektor bied ook hierdie jaar opwin-dende tentoonstellings aan, soos hernubare energie. Aan lekkergoed sal daar in die “Sweet Street” geen tekorte wees nie, terwyl die uitstallers in die sale weer hulle nuutste produkte aanbied. Vir die rustiges word daar ook ’n kaffee met heerlike koffie en koek aangebied. Daar word beoog om ‘n rekord-aantal stalletjies te verhuur deurdat billike pryse vir die huur gevra word. Kontak gerus die onderstaande persone vir meer inligting. Beste uitstallers word met sertifikate en pryse beloon. Die toegangskaartjies sal hierdie jaar ook die moont-likheid bied om daagliks aantreklike pryse te wen wat op elke aand van die expo bekend gemaak sal word. ‘n Inligtingsbiljet is ver-krygbaar by die volgende adresse: Otjiwarongo Munisi-paliteit Decor Signs Marina Toyota Agra Die volgende items is reeds nou op tender: Biertente Saal kroeg Gala catering Arena verversings (Vry-dag) Kafee (Cafeteria) Saal restaurant (kaas en wyn of soortgelyk; a-la-carte) |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





