![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Thursday 31st of July 2003 Swakopmund, die land se toeristemekka het verlede week gesteier onder verfoeilike rooftogte waar in ook ‘n toeris in die nag in sy bed in ‘n gastehuis met ‘n wapen aangehou is terwyl hy van sy kosbare besittings beroof word. Hierdie faksie van die bevolking wat toerisme, ons lewensaar op hierdie wyse saboteer, behoort op ‘n besondere manier gestraf te word. Dit was die mening van Swakopmunders nadat hulle van die lafhartige daad gehoor het. Toe die gastehuis se personeel in die vroeë oggendure alarm maak en polisie ontbied, was daar geen antwoord by die telefoon nie. Die sekuriteit wat intussen ontbied is, was binne enkele minute daar en het ondersoek ingestel Intussen is die slagoffer van duisende rande se toerusting soos rekenaar en telefoon en kontant beroof. Ook die voordeur van die gebou was erg beskadig en moes teen hoë koste herstel word. Die vorige nag is daar ‘n rooftog uitgevoer in ‘n bekende pelswinkel wat daagliks deur toeriste besoek word. ‘n Venster is met geweld uitgeslaan en duisende rande se pelse is binne minute daardeur geslinger. Weer was die sekuriteit wat ontbied is binne enkele minute op die toneel. Swakopmund wil graag weet: Is dit werklik so dat toeriste en inwoners uitgelewer is aan misdadigers terwyl die beskermingsdienste net afwesig is en nie ‘n telefoon beantwoord nie? |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





