![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Friday 10th of October 2003 Mnr Dhuma Nkosi die burgemeester van Ekurhuleni (Benoni) in SA het verlede week ‘n versoek gerig dat die naam van die Johannesburgse Internasionale Lughawe verander moet word na die Oliver Tambo-lughawe ter ere van die ontslape ANC-leier. Die versoek sal die week aan die Lughawensmaatskappy van SA gerig word. Die naamsverandering moet volgens die burgemeester plaasvind omdat Oliver Tambo ‘n inwoner van Ekurhuleni was. Die verandering moet gedoen word ter ere van die reus in die bevrydingstryd. Mnr Prince Hamnca beweer dat die koste verbonde aan die verandering nie ‘n struikelblok moet wees nie want dis vir ‘n goeie saak. Die DA in SA het reeds die stap bestempel as ‘n growwe wanbesteding van geld in ‘n land waar duisende mense haweloos is en sonder basiese dienste moet klaarkom. Daar is ook kommer uitgespreek dat die naamsverandering tot internasionale verwarring sal lei en skadelik sal wees vir toerisme sowel as sake. Die naamsverandering hou die potensiaal in van wrywing wat onnodig gaan veroorsaak word en die droom van versoening en samewerking baie skade kan aandoen. Verskeie partye het reeds te kenne gegee dat hulle die naamsverandering sal beveg. Daar is ook die mening uitgespreek dat hierdie naamsverandering ‘n hele beweging aan die gang sal sit om die belangrike lughawens in die land se name te verander teen onnodige hoë koste wat nie geregverdig kan word nie. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





