Oesfees in Swakopmund

Saturday 8th of November 2003
Petra Hamman

NGK Swakopmund het die naweek hul oesfees gehad en dit is duidelik dat die gemeente wel ‘n verskil kan maak in die gemeenskap as daar samewerking is.

Bydraes vir die oesfees het dan ook daarmee te doen om uit te reik na die nood van mense en nie noodwendig om die daaglikse instandhouding van die gemeente te dek nie. Die boodskap vir die geleentheid het gekom uit 2 Petrus 1 die derde vers:

"Sy goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien."

Dit is ‘n boodskap van hoop om positief te lewe. Daarom kan ons ook sonder geld ‘n verskil maak maar dan moet ons anders dink en doen.

Ons moet nadink oor waarmee vul ons ons tyd en lewe. Is dit ure, uiteindelik dan jare voor die TV, onbenulligheid?

Nee die NGK het ‘n besluit geneem om anders te dink en te doen. Ons behoort aan God, is Sy skepsele en is na Sy beeld geskape. As ons nou by die punt kom waar ons alles oorgee aan God, nie ons tyd vul met kla en murmereer nie maar met nuut dink en deur geloof en liefde uitreik na mekaar, dan is die bedrag geld wat die oesfees sal insamel nie die fokus van die oesfees nie. Die hoofsaak is om ‘n verskil te maak in die stukkende wêreld waarin ons woon, mekaar se hande te vat en die Blye Boodskap te bring. Daar is vir ons ‘n positiewe toekoms en dit hang net daarvan af of ons gewillig is om ons alles aan God die Skepper te oorhandig. Die toekoms is hier waar ons is en nie oor die grense nie. Die potensiaal van elke mens moet in sy roeping hier waar hy is ten volle ontgin word.

Die sanggroep Charisma, van die gemeente het dan ook die geleentheid afgesluit met die pragtige lied "I surrender Lord"

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia