![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Friday 5th of December 2003 esoekers aan Swakopmund moet hulle koffieroete ken. Verkieslik begin ‘n mens elke skone dag in Swakopmund met koffie, gebrou deur kunstenaars en onthou net die lewe is tog te kort om slegte koffie te drink. Gaan hoor maar by "Out of Africa" hoekom hulle met soveel lewenservaring kan spog. Begin die dag by Lightkeeper’s Cottage. Sit aan die voet van die wyse ou vuurtoring in die tuin waar Lappies en sy span MELITTA koffie op sy beste voorsit. Luister na die in diepte geselskap van die verskeidenheid gevleueldes elkeen in sy eie taal en volgens eie tradisie. Die pikante kapokhaantjie met sy boereplaas kraai kompeteer met die statige wit kalkoen en die eende wat koukus hou en die tarentaal bly maar die sweep van die huis. As jy jou kan losskeur van hierdie ware lewensdrama, en ‘n goeie studie van die spyskaart gemaak het en MELITTA vir jou ‘begrip is, kan jy verder op die koffieroete jou begewe. Op die koffieroete moet ‘n mens stap want daar is baie bekendes langs die pad om te groet en die meeste van hulle sal jou ‘n vakansielank dankbaar wees as jy hulle vertel van die MELITTA- lekkerte wat jy pas belewe het. Stap verder tot by die arcade en jou oog val op La Marquise waar jy volgense Franse styl MELITTA koffie kan proe maar ook ‘n baie besonderse pannekoekie kan bestel daarby. Namiddag behoort ‘n mens as jy met vakansie is, jou nuwe kyk – inkopietoer by PANDORA’S BOX met sy eie styl MELITTA te begin. As jy die draai by die strand gemaak het, kom gerus by CAFÉ ANTON verby en dink daaraan dat more nog ‘n dag is want jy het nog verdere afsprake soos PAPAS en om later jou snuffelroete verder te voer, is daar in die Hoofstraat nog twee stasies wat ‘n mens nie mag verbygaan nie. Dink daaraan dis die laaste vakansieseisoen wat jy die bekende gesig sal sien want vroeg in die nuwe jaar gaan die aansig van die hoofstraat met die Stadtmitte ontwikkeling drasties verander. CAFÉ TREFF in die hoofstraat is moeder van die koffie-kuierplekke en mag nie misgekyk word nie. Vir die binnelanders wat op pad is viswaters toe kan sommer net langsaan gou by die Biltongwinkel inglip vir ‘n voorste biefstuk of biltong om te geniet terwyl die visse besluit om te byt. Vanjaar se kuier in Swakopmund kan baie spesiaal wees as die besoekers al die lekkertes hier ontdek. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





