Kabelmesse: Goeie Nuus

Saturday 7th of February 2004
Petra Hamman

oeie nuus kom uit Ludwig Kochstraat in Swakopmund. Die vervalle, kosbare, ou historiese Kabel Messe wat hier tussen nuwe luukse woonstelblokke staan, sal binnekort opgegradeer word en hopelik weer ‘n sieraad vir die omgewing wees met sy manjefieke ou boustyl.

Volgens die stadsingenieur van Swakopmund sal die werk binnekort ‘n aanvang neem. Die heining voor die gebou wat ‘n steen des aanstoots vir elke verbyganger is, is blykbaar nie ingesluit by die welkome opgradering nie maar inwoners uit die straat het hulself bereid verklaar om by te dra vir die koste van die heining. Wanneer die nuwe bouwerke in die straat sowel as die opknapping van die trotse ou Kabel Messe voltooi is, kan hierdie straat een van die spogstrate van die dorp wees.

‘n Besondere kenmerk van die straat is die historiese ou gebou wat daar tussen die nuwe moderne woonstelblokke na opgradering met waardigheid deel kan wees van een van die mooiste woongebiede van die dorp.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia